Dit is die Seisoen van Bemoediging

Carter Conlon

Gedurende hierdie seisoen sien ons soveel mense, veral jongmense, wat moed en hoop verloor het. Hulle sien geen rede om aan te hou lewe nie; hulle sien nie 'n doel vir die toekoms nie, en dit is regtig een van die hedendaagse tragedies van ons tyd.

As jy na die evangelie van Lukas blaai, praat dit van hoe God na elkeen van ons gekom het. Engele het Christus se geboorte by herders aangekondig, en toe “En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” (Lukas 2: 13-14, AFR53). Dink vir 'n oomblik hieroor na! Die God wat ons en die heelal geskep het, wat dit alles kon vernietig met 'n gedagte van sy verstand; wat doen egter Hy met al sy krag, heerlikheid en geregtigheid? Hy kom af aarde toe, na 'n dorpie met die naam Betlehem, omdat Hy nie bereid was om sy skepping te vernietig nie.

Jesus self het dit gesê. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). Wie kon Paulus verlos van sy liggaam van die dood? Wie kon Elia verlos van sy wanhoop en begeerte om te sterf?

Soms jaag ons egter vooruit; ons neem nie net die lewe van dag tot dag en vra vir krag om hierdie dag deur te kom nie. God wandel egter saam met diegene wat saam met hom wandel. Hy gee krag en voorsiening en ons word 'n nuwe skepping.

Ons word nie godsdienstig nie; ons word 'n nuwe mens. Hoeveel van julle is 'n ander mens as wat jy selfs 'n jaar gelede was? Jy leef nou in die bonatuurlike. Ek weet ek staan ​​nie hier deur enige natuurlike vermoë nie. Ek weet ek staan ​​by iets wat God vir my gegee het toe ek gekies het om saam met Hom te wandel. Daar is geen beperking op wat gedoen of verdra kan word wanneer God heel in die middel van ons lewens is nie.

Hierdie is nie 'n seisoen om moedeloos te word as jy God ken of selfs as jy God wil ken nie. Dit is 'n seisoen van vreugde wat geen mens van ons kan wegneem nie as ons onsself aan Christus toevertrou! Daarom het die engele “Joy to the world!” gesing. Ons het vrede met God.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.