Dissipline om die Wedloop te Voltooi

David Wilkerson (1931-2011)

“Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — sodat as jy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie” (Lukas 14:28-30, AFR53).

Christus het geweet dat baie van sy volgelinge nie dit, wat nodig was om hulle deur te dra, sou hê nie. Hy het geweet hulle sou terugdraai en nie die wedloop voltooi nie. Ek glo dat dit die mees tragiese toestand vir 'n gelowige is. Hulle begin met die volle bedoeling om Christus in besit te neem, om 'n volwasse dissipel en meer soos Jesus te word; dan dryf hulle weg. So 'n mens is die een wat die fondament gelê het en nie kon klaarkry nie, omdat hy nie eers die koste bereken het nie.

Wat 'n vreugde is dit om diegene te ontmoet wat inderdaad die wedloop voltooi! Hierdie gelowiges groei in die wysheid en kennis van Christus. Hulle word daagliks verander, van oomblik tot oomblik. Paulus sê bemoedigend vir hulle: "En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is" (2 Korinthiërs 3:18). Dit is nie die hemel wat hierdie gelowiges soek nie, maar Christus in sy heerlikheid!

Ek weet dat baie wat hierdie spesifieke boodskap lees, in die proses is om te aarsel of 'n tree agteruit te neem. Dit lyk miskien na 'n klein tree, maar dit sal 'n vinnige afname, weg van sy liefde veroorsaak. As dit op jou van toepassing is, moet jy besef dat die Heilige Gees jou terugroep na bekering, selfverloëning en oorgawe. Op hierdie oomblik is tyd 'n groot faktor. As jy ooit van plan is om Christus in besit te neem, doen dit nou. Voer dit deur!