Die Wonderlike Naam van die Here

David Wilkerson (1931-2011)

Ek peins die afgelope paar dae oor Psalms 142 en 143. Ek was geïnteresseerd in wat koning Dawid deurgemaak toe hy gesê het: “As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan. Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie” (Psalm 142:4-5, AFR53).

Dawid het eintlik tot die Here geroep: “Luister na my smeking, want ek is baie swak ... Lei my siel uit die gevangenis” (Psalm 142:7-8).

Geliefdes, hierdie woorde is ter wille van ons en ons onderrig geskryf. Hier is bemoediging vir al God se kinders wat oorweldig word deur probleme en beproewings. Dikwels is ek daarvan beskuldig dat ek te somber en negatief is. Mense sê dat niemand slegte nuus wil hoor nie, dat hulle enige prediker afskakel wat oor pyn, lyding en probleme praat.

Dit is ‘n feit dat die meeste van ons in 'n wêreld leef waar die lewe soms absoluut oorweldigend kan wees. Soos Dawid staar ons 'n vloed van probleme in die gesig; ons word selfs in ons geregtigheid verdruk. Ons ly siekte, dood van geliefdes, tye van verwarring en nie weet wat om volgende te doen nie. Ons beleef verskriklike aanvalle van Satan teen ons geloof.

Dit is in ons oorweldigende tye wat ons leer om God te soek en leer om uit te roep tydens ons pyn. Dawid het gesê: Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend” (Psalm 142:3) en “Verhoor my in u trou” (Psalm 143:1).

Word jy nou ook oorweldig deur omstandighede in jou lewe? Herhaal David se gebed tot God! “Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U. Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek. Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat U goeie Gees my lei in ‘n gelyk land. o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid in u geregtigheid” (Psalm 143:8-11).

Wees bemoedig. God het alles onder beheer. Hy sal betyds in jou behoefte voorsien.