Die Waarheid oor Geestelike Oorlogvoering

David Wilkerson (1931-2011)

Met die bespreking wat in die kerk aangaan oor geestelike oorlogvoering, het Christene nog steeds nie geleer hoe om die vyand teë te staan nie. Ons is maklike prooi vir die duiwel!

Ek glo nie dat elke onheil wat ‘n Christen beleef van die duiwel af kom nie. Ons beskuldig hom vir baie van ons eie roekeloosheid, ongehoorsaamheid en luiheid. Dit is maklik om die duiwel vir ons dwaasheid te blameer. Op daardie manier, hoef ons dit nie te hanteer nie. Daar is egter ‘n werklike duiwel teenwoordig in die wêreld vandag, en hy is besig om te werk.

Laat my jou iets van Satan se strategie vertel. As hy nie die Here Almagtige van sy troon kan aftrek nie, sal jy probeer om God se beeld uit jou te skeur. Hy wil aanbidders verander in klaers en lasteraars, maar Satan kan nie aanval net soos hy wil nie. God het ‘n muur van vuur rondom elkeen van sy kinders geplaas en Satan kan nie verby daardie muur gaan sonder God se toestemming nie. Sommige mense is bang om te bid omdat hulle dink dat die duiwel hulle afluister. Ander dink die duiwel kan al hulle gedagtes lees. Dis nie so nie! Satan kan nie ‘n Christen se gedagtes lees nie. Slegs God is alomteenwoordig en alwetend.

Die Skrif beveel ons om op te staan, sterk te wees en te stry teen die vlees en die duiwel: “Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk. Laat alles by julle in liefde geskied” (1 Korinthiërs 16:13-14, AFR53), en “Eindelik, broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Efésiërs 6:10-11).

Jy moet siek en sat daarvoor word om deur die duiwel verdruk te word terwyl jy verneder, depressief, vreugdeloos, leeg en geteister lewe! Ons moet sê wat God graag wil hoor: “Dit het ver genoeg gegaan! Ons dien ‘n magtige, seëvierende God. Waarom gaan ons aan en aan, dag na dag en verdra hierdie mishandeling?”

God sal niks doen totdat jy heeltemal vererg is, totdat jy siek en sat is om siek en sat te wees. Jy moet tot die Here uitroep! Ons dien dieselfde God as Israel. As Hy Israel se geroep gehoor het tydens hulle afgodery, sal Hy jou hoor in jou opregtheid.