Die Vensters van die Hemel Oopmaak

David Wilkerson (1931-2011)

Die Nuwe Testament is vol beloftes wat bewys dat God die gebede van sy kinders verhoor. Een van die Skrifte se bekendste beloftes is in Efésiërs. Ons almal ken dit goed, maar min van ons leef asof ons dit glo. “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk” (Efésiërs 3:20, AFR53).

God het mag om ons gebede te verhoor, maar Hy wil vir ons doen ver bo alles wat ons selfs aan kan dink. Hy wil ons verhoor, nie volgens ons nietige versoeke nie, maar volgens sy rykdom en mag.

Die Bybel sê vir ons dat Hy ons met oorvloed wil verhoor. “Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk, geskud en oorlopens is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word” (Lukas 6:38). “Maar soos wat geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God” (1 Korinthiërs 2:9-10).

“Waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is” (2 Peter 1:4).

“[Vertrou]...op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet” (1 Timothy 6:17).

God smeek ons in werklikheid om vir groot dinge te vra!

Ons hou daarvan om die Here “ons Koning” te noem, maar bid ons groot gebede wat ons Koning se grootheid waardig is? ’n Koning is verplig om na sy onderdane om te sien, en sy volk eer Hom deur vir groot dinge te vra en te glo dat Hy alles het wat hulle nodig het en dit in oorvloed sal voorsien. Geliefde, jy kan God nie jou Koning noem en hom dan daarvan beskuldig dat Hy een van sy onderdane in nood los nie.

Steek jy God in die skande deur jou nietige versoeke? “Beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op hulle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie” (Maleági 3:10).