Die Uitgaanspeletjie met God

Tim Dilena

As jy ‘n ware verhouding met God het, verander elke dag. Dit is waarom ‘n verhouding met Jesus Christus “wedergeboorte” genoem word. Ons het nie kerk net op Sondae nodig nie. Ons het God elke dag nodig. Godsdiens sal jou vra vir slegs een dag van ‘n week. God sal elke dag van jou vra. Godsdiens sal sê: “Daag Sondag op, en alles sal reg wees.” Dit is nie waar nie.

As ware verandering slegs vir Sondae is, dan is ons in die moeilikheid en dis die ander ses dae wat ons opmors.

God sê: “Ek wil Maandag, Dinsdag, Woensdag en verder aan hê. Ek wil saam met jou wandel. Ek wil nie ‘n verhouding met jou hê waar jy My in jou beste klere vir twee ure per week sien nie. Dit is ‘n afspraak. Ek wil ‘n huwelik met jou hê.”

Toe Jesus gesterf het, het Hy ‘n RSVP gestuur wat eenvoudig gesê het: “Wat Ek vir jou gedoen het, is dat Ek die pad vir jou oopgemaak het vir die vergifnis van sondes.” As ons kies om te reageer, kom verander God ons van binne en buite. Daar is geen kerk of godsdiens op die planeet wat jou hart en verstand radikaal kan verander nie. Jesus kan dit doen en dit begin eintlik wanneer ons sê: “God, ek het nie die regte woorde nie. Ek weet nie wat om te sê nie. Al wat ek weet is dat ek daardie verhouding met U wil hê. Ek wil hê U moet my verander. Ek wil hê dat U in beheer moet wees, want wanneer ek in beheer is, mors ek dinge op.”

Hierdie is vir diegene wat Christus pas aanvaar het, of God nog nie goed ken nie. Dit is vir diegene van julle wat Jesus al vir so lank dien dat jy Abraham, Isak en Jakob ken. Dit is die lewe waarna Paulus wys toe hy gesê: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvorming nie, maar word verander deur die vernuwing van jule gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” (Romeine 12:1-2, AFR53).

Hoe meer jy in God toeneem, hoe meer sal jy besef dat jy nie weet wie Hy is nie. Dit maak nie saak waar ons ons in ons wandel is nie, ons moet streef na ‘n beter kennis en passie vir die Here.

Ons het nie ‘n uitgaan verhouding met God nodig nie. Ons het ‘n huwelik nodig.