Die Nuwe Verbond Kersfees

Gary Wilkerson

Om die ware betekenis van Kersfees terug te bring, gaan verder as Christen vreugdeliedere or kriptonele in publieke plekke. Hoeveel van julle weet dat jy ‘n krip in ‘n hofsaal of vreugdeliedere in ‘n mall kan hê en steeds ‘n heidense volk wees? Meer moet in ons land verander en dit is nie net die uiterlike nie, maar die innerlike.

Ons kan redeneer dat “die innerlike” verseker dat ons baba Jesus in die krip onthou. Dit is sekerlik deel daarvan, maar ek wil een stap verder gaan en sê dat dit nie net daarom gaan om Jesus se geboortedag the onthou nie. Jesus is nie in die hemel besig om heen en weer te loop tewyl Hy ‘n mate van bekommernis het en sê: “Man, hierdie ouens vergeet my verjaarsdag. Amerika het nog altyd vir my ‘n groot verjaardag gegee, maar nou dit soveel kleiner” nie.

Nee, Christus is nie daaroor bekommerd nie en Hy wil nie net hê ons moet rondom die Kersboom vergader saam met ons families, vreugdeliedere sing en onthou dat Hy gebore is nie. Hy wil hê ons moet die ware rede vir sy hele lewe hier op aarde en sy uiteindelike offer erken en verstaan. Hy het gekom ons vry te maak van sonde en om ons in die regte verhouding met God te plaas. Al daardie aspekte van waarvoor Hy gekom het om te doen en vir ons te gee is wat ons vier in ‘n “Nuwe Verbond” Kersfees.

In die boek Jesaja, sê God: “In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe; om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! ... Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water” (Jesaja 49:8-10, AFR53).

Ons sien in hierdie vers dat God die Vader vir ons sê dat Hy vir ons sy Seun, Jesus Christus sal stuur. Die krip, die Bethlehem storie, die Lukas 1-2 storie, is nie net ‘n storie waar ons ‘n baba vier nie, maar dat God in menslike vorm gekom het om die Nuwe Verbond vir ons te openbaar.

Dank God vir die Nuwe Verbond tydens hierdie Kersseisoen. Dank God vir die vryheid dat sy Seun Jesus Christus gebring het. Dank God vir genade, vryheid en verlossing.