Die Liefde van God Faal Nooit

David Wilkerson (1931-2011)

Nadat ek Psalm 13 gelees het, wou ek vir jou 'n paar woorde van bemoediging stuur wat ek uit hierdie geseënde hoofstuk gekry het.

Koning Dawid het geskryf: “Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg? Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?” (Psalm 13:2-3, AFR53). Dit klink asof Dawid gevoel het dat God hom heeltemal gelos het om te ly, om elke dag wakker te word met 'n swart wolk wat oor hom hang. Vir 'n seisoen, het Dawid uit wanhoop gepraat: "God, sal hierdie gevoel van isolasie vir ewig aanhou? Wanneer sal my gebede verhoor word?”

Wanneer probleme ons oorval, gee ons mee ​​onder die druk. Op die oomblik gee iemand wat hierdie woorde lees mee onder die verskriklike druk van 'n situasie wat skynbaar onoplosbaar is. Hulle is op die rand van totale wanhoop, met die hoop op selfs die kortste ruskans van hul beproewing. Hulle het die een plan na die ander gemaak en probeer om maniere uit hul moeilikheid te bedink, maar al daardie reëlings het misluk. Nou het hulle niks anders om aan te dink nie, geen werkbare oplossing nie. Hulle is raadop.

Hoe ontstellend is dit tog om 'n straaltjie hoop, 'n bietjie sonskyn te sien, maar dan neem wanhoop weer oor. Hou in gedagte, Dawid het dieselfde stryd beleef, en hy was 'n man na God se hart. Dawid het getuig dat hy groot vertroue in die Here gehad het, maar hy het egter ook deur moeilike tye gegaan, soos hy in hierdie psalm beskryf.

Hoe het Dawid uit hierdie put van wanhoop uitgekom? “Maar ek – op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het” (Psalm 13:5-6).

Laat ek redes met jou deel om aan te hou om God te vertrou deur jou huidige beproewinge. Watter soort Vader sou al die skepsels van die aarde voed en tog sy kinders verwaarloos? Jesus het ons vermaan om aan alledaagse behoeftes en probleme “Moenie julle kwel” oor alledaagste behoeftes en probleme nie, “want Hy sorg vir julle” (sien Matthéüs 6:25-34). Waarlik, die Here het jou lief, en Hy sal nie doof wees vir jou geroep nie. Hou vas aan sy beloftes. Wag geduldig op Hom. Hy sal jou nooit in die steek laat nie.