Die Krag van die Here

David Wilkerson (1931-2011)

Die Heilige Gees het my aangespoor om Exodus 12, wat die verslag bevat van Israel se bevryding uit Egipte, te lees.

Op die deur van elke Israelitiese huis, was die bloed van 'n lam aan die twee syposte en latei gesmeer. Dit was om God se volk te beskerm teen die verbygaande doodsengel. Toe die dag aanbreek, het 'n menigte Israeliete uit ballingskap opgetrek, omtrent 600 000 mans plus vroue en kinders. “…op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek” (Exodus 12:41, AFR53).

In die volgende hoofstuk, het ek stilgestaan ​​by die vers wat lees: “Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur ‘n sterke hand hiervandaan uitgelei” (Exodus 13:3). God se volk is verlos deur die Here se krag alleen!

Dawid sê: “Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ‘n weg volkomelik uitgesoek …. Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek. Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my .... Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter, Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil” (2 Samuel 22:33,17-18, 31).

Ons geloof en krag mag dalk swak word, maar in ons tye van swakheid het God ons wonderlike beloftes gegee om ons te vernuwe en te versterk.

  • • “Die wat gestruikel het, is met krag omgord” (1 Samuel 2:4).

  • • “Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede” (Psalm 29:11).

  • • “Die God van Israel – Hy gee aan die volk sterkte en kragte” (Psalm 68:36).

  • • “Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie ... Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld; dié van U alleen” (Psalm 71:9,16).

Geliefde, glo jy ons God is sterk? As Hy sterk is, kan geen krag voor Hom bly staan ​​nie. Gee daarom alles oor in sy magtige hand van krag en sterkte. Hy sal 'n weg maak. Glo bowenal hierdie woord: “Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor en my moedig gemaak met krag in my siel” (Psalm 138:3).

God het jou lief en seën jou.