Die Krag en Gesag van Christus

Gary Wilkerson

'n Vriend van my wou aanbouings doen by sy kerk, maar hy moes eers toestemming kry van 'n meerderheid van die woonbuurt binne area van drie blokke. Hy het van deur tot deur gegaan met 'n opname en byna elke buurman het gesê: "Natuurlik, kan julle aanbou. Ons woon al 10 jaar langs julle en julle het ons nog nooit een keer gepla nie.”

Slegs twee blokke verder het iemand vir hom gesê: “Sekerlik. Ons het nooit eers agtergekom dat julle daar was nie.” Hy was geskok omdat hy besef het dat sy kerk net 'n impak gehad het op hulle wat dit bywoon.

Jesus het die krag en gesag aan sy dissipels gegee om die ongereddes te bereik. “En Hy het die twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak” (Lukas 9:1-2, AFR53). Ek wil vandag vir jou sê dat jy nie minder gesalf is as hierdie manne nie. Sy beloftes aan die eerste geslag in die Nuwe Testamentiese kerk verskil nie van die beloftes wat Hy vandag vir jou en my het nie.

God se krag in ons lewens demonstreer sy hart om te genees en te verlos, om mense wie se lewens deur demoniese magte verwoes is, te neem en hulle vry te maak. “Maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld... in die woord van die waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-en linkerhand” (2 Korinthiërs 6:4-7).

Jou kerk is veronderstel om 'n impak te hê op so 'n manier dat stede tot bekering kom. God het ons toegerus om die verlorenes te bereik. Die Heilige Gees wil jou so gebruik dat jy dit as natuurlik sal sien om bonatuurlik in die tekens en wonders te funksioneer. Genesing is sentraal in God se plan, want sy goedhartigheid lei ons tot bekering. Siele wen is sentraal in God se plan. Dit is wat 'n stad tot bekering bring.