Die Kenmerk van Opregte Liefde

Gary Wilkerson

Wat sê Paulus? “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie” (1 Korinthiërs 13:1-3, AFR53).

Dit was duidelik 'n oproep om mense bo projekte te stel. Dit was 'n oproep om liefde bo prestasies te stel. Dit was 'n oproep om skemas op die regte plek in te pas, buite die realm van wat God beoog dat die kerk moet wees.

Dit was nie 'n oproep tot groei nie; dit was 'n oproep tot liefde. Dit was nie 'n oproep net om bedieningswerk te doen nie; dit was 'n oproep om te besef dat die grootste bedieningswerk van alles, is om mekaar lief te hê en om die wat verlore en sonder Jesus is, lief te hê. Dit sal nie koudhartig wees of slegs deur die stappe van dissipelskap gaan nie. Dit sal ‘n vuur of passie in jou hart wees. Dit sal die ywer in ‘n hart, wat aan die brand is vir God, wees.

Dit sal nie ambisie wees nie. Dit sal nie druk wees nie. Dit sal Jesus Christus wees wat so jou so ryklik liefhet dat daardie liefde jou hele hart sal vul en begin oorloop na ander mense. Hierdie dinge is die kenmerk van ware geloof, soos Paulus aan Timótheüs geskryf het. “En as ek my herinner aan die ongeveinsde geloof wat in jou is” (2 Timótheüs 1:5). Die woord “ongeveins” kom van twee verskillende Griekse woorde. Die een is 'n woord wat hulle in teater gebruik het; toneelspel speel, 'n vertoning aanbied. Die oorspronklike woord vir “geveinsde” was iemand wat 'n rol gespeel het.

Die tweede Griekse woord wat net voor dit staan, beteken “geen,” met ander woorde, nie 'n akteur nie. Nie 'n vertoning lewer nie. Nie probeer om soos 'n dissipel te lyk nie, maar regtig 'n dissipel wees. Nie probeer om godsdienstig te lyk nie, maar werklik geesvervul wees. Nie probeer om goeie dade te doen sodat ander dit kan sien nie.

As ons werklik met geloof lewe, sal ons opreg liefdevol wees.