Die Here Verhef Sy Kinders

Gary Wilkerson

Een van God se name in die Skrif is Jehova-Nissi. Dit beteken die God wat voorsien, wat ‘n banier is, wat oplig, wat verhef. Dit is ‘n interessante kombinasie van betekenisse alles saam in een woord.

Hierdie Hebreeuse woord nissi, was gebruik in Joodse troues. Wanneer die bruid en bruidegom by die huweliksonthaal was, sou al die gaste die paartjie op twee stoele laat sit; dan sou hulle die stoele optel en in die saal rondloop terwyl hulle die bruid en bruidegom dra. Daardie daad van optel, was nissi genoem.

Ek dink dit is ‘n kragtige beeld omdat die huwelik ‘n soort optel en groot verheffing is. Ek is nou al 25 jaar getroud, en dit is ‘n wonderlike seën, maar dit is ook ‘n beproewing.

Ons wil nie regtig hê God moet ons beproef nie; ons wil nie deur die droë seisoene gaan waar ons alleen en weg van sy teenwoordigheid voel nie. Ons wil nie deur die beproewing gaan om na moeilike plekke te trek nie, die beproewing van vriende wat ons hartseer maak, die beproewing van familie en vriende, die beproewing van finansiële swaarkry, die beproewing in die kerk of bediening.

Toe Paulus van sommige van sy beproewings in sy lewe gepraat het, het hy gesê: “Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na. Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater deurgebring — dikwels op reis, in gevare van rivier, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene... in gevare onder valse broeders... Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes” (2 Korinthiërs 11:24-26,28, AFR53).

Waarom sê jy dit? Wat is die punt hiervan?

Paulus verskaf die antwoord in die volgende hoofstuk. “Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in  node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk” (2 Korinthiërs 12:10).

Daar is ‘n rede vir God se beproewings. Hy beproef ons op die gebied wat ons die liefste het. Elke beproewing waardeur jy gaan, is nie God se begeerte om jou terug te druk om jou op jou plek te hou nie; dit is God se begeerte om jou nissi te gee, om jou in ‘n nuwe posisie te bring, om jou geloof op te rig en jou Hom te laat aanbid as die Here wat verhef.