Die Here Sal Voorsien

Gary Wilkerson

Die geskiedenis sê vir ons die berg waarheen Abraham Isak geneem het, was in 'n land wat behoort het aan 'n koning genaamd Melgisédek. Hy was die koning van Salem, die koning van vrede. Abraham het hom al voorheen ontmoet, en die patriarg het teruggekeer na hierdie berg in die land van 'n man wat in Salem regeer het. Abraham het hierdie plek genoem Die Here Sal Voorsien.

Ek is geen Hebreeuse geleerde nie, maar hierdie naam het 'n pragtige woord in Hebreeus. “Voorsien” word hier uitgespreek as "Jireh." Het jy al ooit daardie woord gehoor? In die kerk praat ons van Jehova-Jireh of Jahwe-Jireh, wat beteken die Here Voorsien. Abraham gebruik daardie woord wanneer hy van die berg praat waar God 'n plaasvervanger offer vir Isak beskik het. Toe die Hebreërs Salem oorgeneem het en dit heelwat later in die Skrif na Jerusalem herdoop het, het hulle na daardie berg gewys en die verhaal van God se voorsiening onthou. Hulle onthou hoe Hy altyd 'n uitweg uit 'n beproewing maak. Hierdie volk was in wese gestig met 'n toets en die oorwinning wat 'n groot geloof voortgebring het.

Eeue later het Jesus in 'n tuin ingegaan en met groot benoudheid gebid: “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied” (Lukas 22:42). Dit was sy gebed ter voorbereiding van hierdie beproewing. Binnekort sou Hy net buite die stad geneem word en aan die kruis gehang word, die beproewing van beproewings. Daar het Hy uitgeroep om sy uiteindelike onderwerping aan God te verklaar: “Vader, in u hande gee ek my gees oor!” (Lukas 23:46).

Stel jou voor dat God vir jou sou sê, "Ek gaan jou deur 'n ernstige beproewing neem, maar die resultaat van hierdie beproewing sal 'n groter opheffing wees as wat jy nog ooit tevore beleef het. Dit sal die fondamente lê van 'n nuwe stad, 'n nuwe bediening, 'n nuwe geloof, 'n nuwe werk van God, 'n nuwe opheffing van jou hart.”

Sou jy reageer: “Ja, Here. Nie my wil nie maar U s’n”?

Daar is tans mense wat deur die ernstigste beproewing gaan wat hulle nog ooit in hul lewens beleef het en hulle wonder wanneer dit ooit sal ophou? Wanneer sal die ware koning van Jerusalem kom? Waar is Jehova-Jireh?

Daar is egter goeie nuus vir jou dat jou beproewing om jou onthalwe werk om iets nuuts in jou lewe en jou wandel met God te beskik, om jou na nuwe vlakke te neem.