Die Grense van Genade Beproef

David Wilkerson (1931-2011)

“En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle hoereer het nie, en daar het op een dag drie-en-twintigduisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom” (1 Korinthiërs 10:8-9, AFR53).

Wat bedoel Paulus hier as hy praat van “Christus versoek”? Eenvoudig gestel, om die Here te versoek, beteken om Hom op die proef te stel. Ons versoek Hom wanneer ons vra: “Hoe genadig sal God teenoor my wees as ek voorgaan met hierdie sonde? Hoe lank kan ek toegee aan my sonde voordat sy woede opgewek word? Ek weet dat God genadig is, en dit is 'n era van genade sonder veroordeling teenoor sondaars. Hoe kan Hy my oordeel as ek sy kind is?”

Menigtes Christene vra ongeërg vandag dieselfde vraag as hulle met 'n goddelose versoeking speel. Hulle wil sien hoe naby hulle aan die hel se vuur kan kom sonder om die gevolge van sonde te beleef. Sulke gelowiges verwerp die hele tyd die oortuiging van sonde uit God se Woord. Hulle versoek Christus.

Elke keer as ons in stryd is met die waarheid wat God se Gees aan ons duidelik gemaak het, verwerp ons Paulus se waarskuwing: "Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie" (1 Korinthiërs 10:12).

Vra jouself af of jy die grense van God se kosbare geskenk van genade toets. Vra jy Christus om jou sonde te aanvaar in die lig van jou volslae rebellie? Jy sê dalk vir jouself: “Ek is 'n Nuwe-Testamentiese gelowige. Ek is bedek met die bloed van Jesus. God sal my nie oordeel nie.” Deur met jou sonde voort te gaan, misken jy Jesus se groot offer vir jou geheel en al. Jou huidige opsetlike sonde maak van Hom ‘n bespotting, nie net in die oë van die wêreld nie, maar ook voor die hemel en die hel (sien Hebreërs 6:6).

Paulus beskryf 'n manier om van alle versoekings af weg te kom: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).

Dierbare gelowige, moenie met sonde flirt en God versoek nie. Ons uitkoms is 'n toenemende kennis en belewenis van die heilige vrees vir God.