Die God Wat Vergewe

David Wilkerson (1931-2011)

Op die oomblik voer jy dalk 'n verlore stryd teen een of ander soort versoeking. Wat ook al jou stryd is, jy is vasbeslote om nie die Here te verlaat nie. Jy weier om jouself oor te gee aan sonde se greep. In plaas daarvan, het jy God se Woord ter harte geneem.

Maar, soos Dawid, het jy moeg geword. Nou het jy by 'n punt gekom waar jy absoluut hulpeloos voel. Die vyand oorval jou met wanhoop en leuens.

Jou beproewing kan selfs nog meer geheimsinnig en onverklaarbaar word, maar ek wil hê jy moet weet dat, maak nie saak waardeur jy gaan nie, die Heilige Gees wil openbaar "Wie is 'n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan. Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het 'n welbehae in goedertierenheid. Hy sal hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp” (Miga 7:18-19, AFR53).

Hoe word ons Here onderskei van al die ander gode wat regoor die wêreld aanbid word? Natuurlik weet ons dat ons God bo alle ander en in alle opsigte heilig is; maar een duidelike manier waarop ons weet die Here word van ander onderskei, is deur sy Naam: die God wat vergewe. Die Skrif openbaar ons Here as die God wat vergewe, die enigste God wat die mag het om sonde te vergewe.

Ons sien hierdie Naam van God deur die hele Skrif bevestig word. Nehemia het gesê: “Maar U is God van vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie” (Nehemia 9:17).

Moses het die Here gevra vir 'n openbaring van sy heerlikheid. Hy is nie toegelaat om God se aangesig te sien nie, maar die Here het sy heerlikheid aan Moses geopenbaar deur 'n openbaring van sy Naam. “HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en ootreding en sonde vergewe” (Exodus 34:6-7).

Dawid gee vir ons dieselfde Hebreeuse beskrywing van God toe hy geskryf het: “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep” (Psalm 86:5).

Ons God verlaat ons nie in ons stryd nie. Hy staan ​​gereed om te vergewe en ons na Hom toe terug te bring.