Die God Wat Oorvloedig Gee

David Wilkerson (1931-2011)

Is jy raadop, moeg, terneergedruk, op die punt om moed op te gee? Ek daag jou uit om die volgende vrae met ‘n eenvoudig ja of nee te beantwoord:

  • • Belowe die Woord van God om in al jou behoeftes te voorsien?
  • • Het Jesus gesê Hy sal jou nooit verlaat nie, maar met jou wees tot die einde toe?
  • • Het Hy gesê Hy sal jou van struikeling bewaar en jou vlekkeloos voor die Vader se troon stel?
  • • Het Hy jou al die saad wat nodig is om die evangelie te versprei belowe?
  • • Is Hy gewilliger om te gee as wat jy is om te ontvang? Is Christus groter in jou as hy wat in die wêreld is?
  • • Is God se gedagtes rakende jou, goeie gedagtes? Is Hy ‘n beloner van die wat Hom pligsgetrou soek?
  • • Berei Hy ‘n plek vir jou in die hemel? Kom Hy op die wolke om sy kinders huistoe te neem? Gaan jy saam met Hom wanneer Hy kom?

Jou antwoord op alles behoort te wees: “Absoluut, ja!”

Ondersoek nou jouself. Vra jouself af, “Glo ek regtig dat God getrou is aan sy beloftes of twyfel ek in my vertroue? Hoe goed ken ek God se Woord en sy versekering?”

Die Skrif sê duidelik: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volkmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal envoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos’n golf van die see wat deur die wind gedrywe word en vootgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jakobus 1:5-7,AFR53).

Jy kan God se wysheid kry, al die wysheid om die lewe se probleme op te los, as jy jou hele lewe en toekoms op hierdie belofte werp en glo sonder om te aarsel.

God gee oorvloedige wysheid aan al sy kinders.