Die Getuienis van die Gees

David Wilkerson (1931-2011)

Die Heilige Gees woon in ons om aan ons te openbaar wat waar en wat vals is. Hy praat met ‘n rustige, sagte stem, diep in die hart. Baie van ons voorvaders het aan hierdie werk van die Heilige Gees in gelowiges geglo. Hulle het baie gepraat van “die getuienis hê.” Ek hoor nie meer hierdie waarheid veel verkondig word deesdae nie. Trouens, die getuienis van die Gees is amper ongehoord in die meeste kerke vandag!

Gelowiges het die Gees se getuienis nou meer as ooit nodig, en ons gaan dit meer en meer nodig hê soos die dag van die Here nader kom. Satan het ewe parmantig gekom as ‘n engel van die lig om te mislei, selfs as dit moontlik was, die uitverkorenes van God (sien Matthéüs 24:23-25). Sy bose verleidings gaan floreer in die vorm van valse leerstellings en valse leraars.

As jy in sonde wegsink en dit nie bely of daarmee afreken nie, sal jou hart jou 'n bestendige stroom van leuens begin voed. Jy sal leringe hoor wat jou op jou gemak maak in jou sonde. Jy sal dink, "My probleem kan nie so erg wees nie. Ek voel nie veroordeel nie.” Jy sal egter totaal om die bos gelei word. Jesaja praat van 'n volk wat uitgegaan en beweer het dat hulle die ware raad van God begeer. Hulle het gesê: “Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien! En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, dat ons dit kan ken” (Jesaja 5:19).

Hierdie mense het bedrog in hulle harte gehad, en hulle het uiteindelik verdraai geword in al hulle raad. Sonde het hulle oordeel verdraai. Gevolglik, kon hulle nie kwaad onderskei nie. Die dinge wat heilig en rein was, het hulle onregverdig genoem. Jesaja het van hulle gesê: “Wee hulle wat sleg goed goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig vir duisternis, wat bitter maak en soet bitter!” (Jesaja 5:20).

Wanneer jou vrede versteur word, kan jy seker wees dat die Heilige Gees met jou praat. Wanneer jou gees ontsteld is en daar 'n skudding en onrus diep binne is, sê God vir jou dat iets vals is. Jy sal sy hartseer en woede voel. Die Gees se innerlike getuienis werk op die “beginsel van vrede”. Die vrede van God is die wonderlikste ding wat jy kan hê. Wanneer dit kom by God wat jou leiding gee – dit wil sê die sagte, rustige stem wat vir jou sê wat om te doen en waarheen om te gaan – sal Hy nie in 'n onrein werktuig opereer nie. Laat die Gees met jou praat om jou te korrigeer; Hy sal met sonde in jou afreken.