Die Geheim van Geestelike Krag

David Wilkerson (1931-2011)

Hier is God se geheim vir geestelike krag: “Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie” (Jesaja 30:15, AFR53).

Die woord vir stil wees in Hebreeus beteken "rus". Rus beteken kalm, ontspanne, vry van alle angs, om stil te wees en te gaan lê met ondersteuning daaronder.

Nie baie Christene het vandag hierdie stilte en selfvertroue nie. Menigtes is betrokke by 'n waansin van aktiwiteite en jaag haastig daarna om rykdom en plesier te verkry. Selfs in die bediening, is God se dienaars bekommerd, vol vrees en soek antwoorde tydens konferensies en in topverkoper boeke. Almal soek leiding of iets om hul gees te kalmeer. Hulle soek oplossings by elke bron behalwe die Here. Hulle besef nie dat God reeds vir hulle ‘n boodskap gebring het deur Jesaja nie. As hulle nie na Hom as hul bron kyk nie, sal hulle strewe in hartseer en verwarring eindig.

Jesaja beskryf wat God se geregtigheid in ons veronderstel is om te bereik. “En die werking van geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus veiligheid tot in ewigheid” (Jesaja 32:17). As ons werklik in geregtigheid wandel, sal ons lewens die vrug dra van 'n kalm gees, ‘n rustige hart en vrede met God.

Toe Jesaja om hom kyk, het hy gesien hoe God se volk na Egipte vlug vir hulp, op mense vertrou en op perde en strydwaens staatmaak. Ambassadeurs het gekom en gegaan. Leiers het noodstrategievergaderings gehou. Almal was paniekerig en het gehuil: "Wat moet ons doen?"

Jesaja het hulle verseker: “Dit hoef nie so te wees nie. Keer terug van julle afvalligheid. Bekeer julle van julle rebellie om op ander te vertrou. Wend julle tot die Here, en Hy sal julle bedek met 'n kombers van vrede. Hy sal julle stilte en rus gee te midde van alles wat julle beleef.”

Geliefdes, dieselfde geld vir ons vandag. Die Nuwe Testament bevestig dit. Christus het vir sy dissipels gesê: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee nie, gee ek aan julle. Laat julle hart nie ontsteld wees en bang wees nie” (Johannes 14:27).

Ons moet vashou aan hierdie woord vir ons, ongeag die omstandighede rondom ons.