Die Gebed Wat God Wil Hê

David Wilkerson (1931-2011)

Toe die boek Daniël geskryf is, was Israel in ballingskap in Babilon. In hoofstuk ses, na 'n lang lewe in diens, was Daniël tagtig jaar oud.

Koning Darius het Daniël tot die hoogste amp in die land bevorder. Hy het een van drie mede-gelyke presidente, wat geheers het oor prinse en goewerneurs van 120 provinsies, geword. Darius het Daniël bo die ander twee presidente bevoordeel en het Daniel in beheer geplaas van die regeringsbeleid en om al die hofaanstellings en intellektuele op te lei (sien Daniël 6:3).

Daniël was duidelik 'n besige profeet. Ek kan my net voorstel watter druk op hierdie amptenaar geplaas was met sy besige program en tydrowende vergaderings. Niks kon Daniel egter van sy gebedstye af wegneem nie; hy was nooit te besig om te bid nie. Gebed het sy belangrikste beroep gebly, met voorrang bo alle ander eise. Drie keer per dag het hy al sy verpligtinge, laste en eise as leier laat staan om tyd saam met die Here deur te bring. Hy het hom eenvoudig aan alle aktiwiteite onttrek en gebid, en God het hom verhoor. Daniël het al sy wysheid, leiding, boodskappe en profesieë ontvang terwyl hy op sy knieë was (sien Daniël 6:10).

Daniel was altyd 'n biddende man. Op sy oudag, het hy nie daaraan gedink om dit stadiger te vat nie. Die Skrif maak geen melding van Daniel wat uitgebrand of moedeloos was nie. Inteendeel, Daniël het pas begin. Die Skrif toon dat selfs toe hierdie man tagtig jaar oud was, het sy gebede die hel laat bewe en die duiwel woedend gemaak.

Wat is 'n gebed wat die hel laat bewe?

Dit kom vanuit die getroue, ywerige dienskneg wat sien hoe sy volk en kerk dieper in sonde verval. Hierdie persoon val op sy knieë en ween: “Here, ek wil nie deel wees van wat aangaan nie. Laat my 'n voorbeeld wees van u bewarende krag te midde van hierdie goddelose eeu. Dit maak nie saak of niemand anders bid nie. Ek gaan bid.”

Te besig om te bid? Sê jy: "Ek neem dinge net in geloof"? Jy dink dalk: “God ken my hart; Hy weet hoe besig ek is. Ek bid tot Hom in my gedagtes dwarsdeur die dag.”

Ek glo dat die Here kwaliteit, rustige tyd alleen saam met ons wil hê. Gebed word dan 'n daad van liefde en toewyding, nie net 'n tyd vir versoeke nie.