Die Evangelie van Vrede
Jesus het gesê: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (Johannes 14:27, AFR53).
Talle Christene het verontruste harte en lewe met vrees. Baie min gelowiges kan eerlik sê dat julle voortdurende vrede geniet. Vir talle, kom en gaan vrede en dit laat hulle bekommerd, rusteloos en geteister met spanning.
Sagaria het van die komende Messias geprofeteer. “Dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien. In heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe” (Lukas 1:74-75).
Geliefde, Jesus het na hierdie aarde toe gekom sodat ons met God kan wandel sonder vrees en sy vrede al die dae van ons lewe kan geniet. Geen vrees, net vrede in ons verstand en hart vir al ons dae! Dit sluit in goeie en slegte dae, dae van lyding, onrus, beproewing en onsekerheid. Dit maak nie saak wat oor ons pad kom nie, ons moet heeltyd vrede beleef.
Sagaria het hierdie woorde oor Jesus gespreek: “Om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig” (Lukas 1:79). Hy het gesê dat Jesus al sy kinders na die pad van vrede sal lei, nie na rusteloos, leegheid of vrees nie.
Jesus is die Vredevors. By sy geboorte het die engele gesing: “Vrede op aarde!” Sy evangelie word die evangelie van vrede genoem en Hy het belowe: “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Johannes 16:33).
Vrede is waaroor die evangelie gaan. “Dit is die Woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus – Hy is die Here van almal” (Handelinge 10:36).
Ons sal verdrukking, vervolging en vurige beproewings beleef in hierdie wêreld. Ons sal versoek word en lei te wille van Christus. Die winde van swaarkry sal probeer om die huis van geloof wat ons op Jesus, die rots van ons verlossing gebou het te skud; maar ons sal in vrede lewe as gevolg van Hom.