Die Evangelie Uitleef

Gary Wilkerson

Die volgende is vir my een van die mees frustrerende skrifgedeeltes: “En daar roep ‘n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tot na my seun, want hy is my enigste. En kyk, ‘n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom. En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie. Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier. En toe Hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee” (Lukas 9:38-43, AFR53).

Wanneer ek daardie gedeelte lees, tref dit my diep. Die woorde “hulle kon nie” vind aanklank by my. As ek 'n persoon sien wat werklik voorbidding nodig het, voel ek soms dat ek hulle nie met gebed kan help nie, want die twyfelagtige vraag: "Wat gebeur as dit nie werk nie?" oorval my saam met vrees, ongeloof en allerhande ander dinge in my hart. Ek stoei hiermee.

Ek wou jou vertel, want hierdie mentaliteit, hierdie vrees, is iets waarmee ons almal in gebed te doen het. Ek hoop dat jy nie tevrede is om daardie vrees onbetwis te laat nie, dat jy nie met droë godsdiens en tradisie tevrede sal wees nie. Ons moet anders wil lewe op 'n manier wat ons regtig van God afhanklik maak en Hom vertrou, en dit beteken om die evangelie uit te leef. Dit beteken om te glo en op te tree asof die Bybel nie net 'n boek is om te lees, te bestudeer en preke uit te kry of 'n selfhelpgids nie.

Ons wil in die hemel indring en die Skrif glo wanneer dit sê: “Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle  lewe nie liefgehad nie” (Openbaring 12:10-11).

Daar is krag in die bloed van Jesus! Daar is krag in die Woord van God.