Die Een Wat die Sleutels Het

David Wilkerson (1931-2011)

Daar, reg voor jou, is 'n deur wat skynbaar heeltyd gesluit is. Hierdie geslote deur waarvan ek praat, is een of ander saak, situasie of behoefte waaroor jy al lank bid. Dit kan 'n krisis wees wat niks minder as 'n wonderwerk verg nie. Ek weet nie wat jou geslote deur kan wees nie, maar jy het gebid vir die deur van geleentheid om oop te gaan, maar dit lyk egter of alles wat jy probeer, misluk. Die deure gaan eenvoudig nie oop nie.

Vir baie Christene wil dit voorkom asof beide die vensters en deure van die hemel gesluit is. Die hemel kom voor soos koper en jou vurige gebede en smekinge tot die Here is nog nie verhoor nie.

In Openbaring sê die Skrif: “Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie” (Openbaring 3:7, AFR53). Dit was in 'n brief wat aan die gelowiges in antieke Filadelfía gestuur is, 'n kerk wat die Here gekomplimenteer het omdat hulle die Woord bewaar het en nooit sy Naam verloën het nie. In hulle moeilikste tye het hierdie mense getrou op God se beloftes gestaan. Hulle het die Here nie daarvan beskuldig dat Hy hulle verwaarloos of maak of Hy doof is vir hulle hulpgeroep nie.

Dit is duidelik dat Satan hulle met leuens aangeval het. Sy owerhede en magte van die duisternis, leuengeeste wat uit die buik van die hel gestroom het, het gesê dat God elke deur gesluit het en dat Hy aanbidding en geloof nie waardig was nie. Hierdie gelowiges, van wie Jesus gesê het dat hulle min krag het, het aangehou vertrou en geduldig gewag dat God die sleutel in die deur steek en oopmaak.

Hier is wat die Here hulle belowe het en dit is ook ‘n ​​belofte aan ons: “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel” (Openbaring 3:10).

Omdat julle steeds op sy beloftes vertrou en bereid is om in geloof te sterf al sien julle nie die beloftes vervul nie, sal julle van hierdie wêreldwye versoeking bewaar word daarvan om in ongeloof te verval. God het jou geroep gehoor, en Hy weet presies watter uur om alle deure oop te maak. Moet dus nooit moed opgee nie. Staan op sy beloftes. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hy hou die sleutel van elke geslote deur en Hy alleen plaas oop deure voor ons.