Die Een Verlore Skaap

David Wilkerson (1931-2011)

Jare gelede, het God dit op my hart gelê om 'n seunstehuis op Long Island te begin. Ek het regtig ervaar dat die Here agter hierdie werk was. Na net agtien maande, het regeringsamptenare sulke streng regulasies op die huis ingestel dat ons nie anders kon as om die deure sluit nie.

In die kort tydjie wat ons oop was, het ons net vier seuns ingeneem. Nadat ons gesluit het, het ek kontak met hulle verloor. Ek het altyd gedink dat daardie onderneming een van die grootste mislukkings van my leeftyd was. Vir meer as drie dekades het ek gewonder waarom God ons ooit toegelaat het om daarmee voort te gaan.

Onlangs het ek 'n brief ontvang van 'n jongman genaam Clifford.

Hy het geskryf: "Broer David, ek was een van die vier seuns wat na die tehuis op Long Island gestuur was. U huisouers was so liefdevol en vriendelik. Hulle het vir ons Bybel geleer en ons kerk toe geneem. Eendag het hulle ons na ‘n kerk geneem wat ‘n tentherlewing gehou het. Ek was so bitter en neerslagtig. Dit was daar, onder die tent, waar die Heilige Gees my hart begin trek het. Ek het die prediker hoor sê: “Jesus het jou lief.” Al die jare van pyn, verwarring en hopeloosheid het na die oppervlak gekom. Ek het gekniel en gebid. Dit was vyf-en-dertig jaar gelede. Nou het God my geroep om te preek en stuur my in 'n voltydse bediening in. Hierdie “dankie” broei die hele tyd in my. Ek wil u net bedank dat u omgegee het. Ek weet wat die liefde van God is."

Hierdie man se brief bewys vir my dat niks wat ons vir Christus doen, tevergeefs is nie. Daardie seunstehuis was nie 'n mislukking nie, want een verlore, verwarde Joodse seun het die betekenis van God se liefde gevind.

Dit is die blydskap wat Christus beskryf in sy gelykenis: “Watter man onder julle wat honderde skape het en een van hulle verloor, laat nie die negen-en-negenig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers. En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was. Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie” (Luke 15:4-7, AFR53).