Die Blydskap en Sterkte

Carter Conlon

Een nag ná ‘n preek kon ek nie slaap nie. ‘n Baie vreemde gevoel het oor my gekom. Ek het begin om weg te dryf en skielik het ek gevoel ek val van die kant van die bed af, hoewel ek nie was nie. Ek het teruggekeer huistoe na my gesin toe en uitgegaan om saam met my kerk se hokkiespan te speel. Ek hou daarvan om hokkie te speel, maar skielik kon ek nie asem kry nie. Ek was ‘n baie fiksie sewe-en-dertig jarige man, so dit was vir my baie eienaardig.

Toe ek Sondag kerk toe gaan om te preek, het my kop gevoel asof dit wou bars. Ek was steeds kortasem en het geen energie gehad nie. Sondag na Sondag, het die massiewe hoofpyne aangehou. Dit het my ‘n lang tyd geneem om te besef dat ek besig was om ‘n fisiese ineenstorting te hê.

Toe ek dit nie meer kon hanteer nie, het ek op ‘n plaaspad uitgeklim en my kop agteroor gegooi. “Is dit hoe U diegene wat U dien beloon?" Ek het geskreeu. Ek het teen die Here uitgevaar tot dit alles uit was. As God vir my op daardie oomblik gesê het: “Ek gaan jou in as verander”, sou ek gesê het: “Gaan voort.”

In plaas daarvan, het ek God saggies hoor sê: “Ek het jou lief”.

Dit was nie wat ek verwag het nie. “Wat wil U hê moet ek doen?” het ek uitgeasem.

“Carter”, het die Here vir my gesê: “Ek wil hê jy moet slegs doen wat Ek jou vra om te doen. Jy het baie dinge gedoen wat Ek jou nie gevra het om te doen nie.”

Dit was asof ‘n dertien jaar lange las van my skouers afgelig is. Ek onthou een man wat in ons kerk was wat op en af was, op en af, nugter, dronk, nugter, dronk. Ek het hom gewoonlik aan die hemp gegryp en in sy gesig gesê: “Ek het opgehou drink; jy kan ophou drink”. Hy sou uitroep dat hy dit nie kon doen nie en ek sou aandring dat hy kon. Ongeveer drie weke nadat God my vrygemaak het van my eie ywer, het daardie man egter na my gekom en gesê: “Pastoor, ek voel nou soveel hoop in jou preke.” Hy het besef dat ek my ywer aan God oorgegee het.

Die Psalmis se woorde het vir my waar geword: “Die HERE is my sterke en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek hom loof met my gesang” (Psalm 28:7, AFR53).