Die Blydskap en Pyn van God

David Wilkerson (1931-2011)

Baie verklaarders noem Jeremia die wenende profeet en dit is beslis waar van hom, maar hierdie man het ook vir ons die mees vreugdevolle belofte in die Ou Testament gebring. Deur hom het God sy volk hierdie ongelooflike versekering gegee: “En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle harte gee, sodat hulle van My nie afwyk nie” (Jeremia 32:40, AFR53).

Nou, dis goeie nuus. Die profesie wat Jeremia gee is vol barmhartigheid, genade, vreugde, vrede en goedheid. Die persoonlike geskiedenis agter elk van Jeremia se woorde hier sluit egter 'n gebrokenheid in ver bo die vermoë van enige mens.

Jeremia het geskryf: “O My ingewande, my ingewande, ek moet bewe van angs! ‘n Mure van my hart! My hart steun in my, ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu” (Jeremia 4:19) en “Ag, was my hoof maar water en my oog ‘n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is van die dogter van my volk” (Jeremia 9:1).

Die profeet het geween met heilige trane wat nie sy eie was nie. Trouens, hy het God eintlik van sy eie gebroke hart hoor praat. Eerstens, het die Here vir Jeremia gewaarsku dat Hy oordeel oor Israel gaan stuur. Toe het Hy vir die profeet gesê: “Ek sal ’n geween en geklaag aanhef oor die berge en ‘n klaaglied oor die weivelde van die woestyn ’n klaaglied” (Jeremia 9:10). God self het geween oor die oordeel wat oor sy volk sou kom en Jeremia het in daardie klaaglied gedeel.

Wat gebeur wanneer ons die las om te ween van God deel? Die Here deel op sy beurt sy eie gedagtes en denke met ons. Jeremia het hiervan getuig. Hy is 'n oordeelkundige kennis van sy tye gegee wat hom in staat gestel het om te sien wat kom. “Want die Here van die leërskare wat jou geplant het, het onheil oor jou gespreek...En die Here my dit te kenne gegee, sodat ek dit weet. Toe het U my hulle handelinge laat sien” (Jeremia 11:17-18). Enige gebroke, Woordversadigde gelowige sal 'n oordeelkundige insig van die tyd kry, maar ook 'n blye erkenning van God se beloftes.

Dierbare kinders van God is bevoorreg om te deel in die gevoelens, die blydskap en pyne van die ewige hart van God.