Die Beste Geskenk Wat Ons Kan Gee

Claude Houde

Die tempo van ons moderne lewe is so gejaagd! Tussen werk, skool, kerk, huiswerk, boodskappe, huiswerk, sport, iPad, Instagram, Twitter, Snapchat, Facebook, Netflix, ens., is daar nie altyd baie tyd oor om lekker gesinsgesprekke te voer nie. Maandag tot Sondag loop die lewe honderd myl per uur en dikwels bly ons by oppervlakkige gesprekke met ons gesinslede wat klink soos "Maak jou kamer skoon."

Kom ons reserveer kwaliteit tyd om te luister en met ons geliefdes te gesels. Laat ons gedurende al die dae van ons lewens die geskenk van beskikbaarheid aan ons gades en kinders gee. Die Skrif sê: “Daarom moet jy Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat Ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan” (Deuteronómium 6:5-7, AFR53).

As ek ’n tydmasjien gehad het, sou ek teruggaan na die dae toe my kinders nog jonk was en doelbewus dieper gesprekke met hulle voer. Ek sal meer met hulle gesels oor die volgende:

  • • Die verwoesting van dwelms en alle ander vorme van verslawing, hoe God my daarvan verlos het en daarteen kan beskerm.

  • • Die verskillende vorme van versoeking wat hulle sal moet trotseer en hoe God hulle krag en genade sal gee om dit te weerstaan.

  • • Die waarde van harde werk, eerlikheid en vergifnis.

  • • Die Bybelse perspektief wat ek geleer het om te hê rakende die kwessies waaroor hulle elke dag op skool by hul onderwysers of vriende hoor.

Ek sal die inisiatief neem om sensitiewe onderwerpe aan te spreek. Ek sou hulle meer vertel van die Koninkryk van God, sy planne, sy genade, sy getrouheid. Dikwels, terwyl ons God se gebooie by ons kinders inskerp, kom ons benadering neer op 'n lys moets en moenies.

Na meer as vyf-en-dertig jaar van voltydse pastorale bediening waarin ek die Woord duisende kere deur die genade van God na meer as vyftig lande regoor die wêreld gebring het, is wat my kinders (nou almal groot) die meeste onthou, is nie my leringe en my woorde as herder nie. Wat hulle die meeste onthou, is die tyd wat ons saam deurgebring het, om mekaar soos 'n geskenk van die Here te behandel. Hou in gedagte dat dit waarna jou geliefdes soek, bo alles, jy is.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.