Die Bestanddeel wat Ontbreek

Jim Cymbala

Een jaar, het ons ‘n Pinksteruitreik gehad. Ons het drie dienste gehad en rye was reg rondom die gebou; dit was ‘n lang dag. Na die tyd, het ek op die rand van die verhoog by die kansel gesit terwyl mense by die altaar bedien was. Ek het opgekyk en hierdie ou wat sleg gelyk het met ‘n keps in sy hande gesien. Hy het gelyk na 50; hy was eintlik 32. Hy het my ‘n skaapagtige kyk gegee soos “Kan ek nader aan jou kom?”

Op daardie stadium, in daardie gebou, het almal van die strate afgekom om geld te bedel. Mense het ingekom met ongelooflike skelmstreke, en hulle sou na kerklidmate toe gaan en “ondergrondse spoorweggeld” bymekaarmaak by 25 verskillende mense.

Ek het stilweg gedink: “Man, dit is ‘n teleurstelling, maar miskien wil hy kos hê. Ek sal vir hom geld gee.”

Hierdie ou het na my toe begin loop en toe het die reuk my getref. Feses, uriene, sweet, warm straat — roer saggies vir omtrent ‘n uur. Dit was die slegste reuk wat ek al ooit geruik het en ek het as ‘n kind op ‘n melkplaas gewerk in die somer. Hy het vir my gesê dat hy ‘n alkoholis was, dwelms gebruik het en in sy bakkie geslaap het die vorige nag. Hy het nie na ‘n skuiling gegaan nie omdat mense daar doodgegaan het.

Dus het ek my beursie uitgehaal. Hy het my hand afgedruk en ek sal nooit vergeet wat hy gesê het nie. “Ek wil nie jou geld hê nie. Ek gaan daar buite sterf. Ek wil hierdie Jesus hê van wie jy praat.”

Ek het my hande opgelig en gehuil soos ‘n kind en gebid: “Jesus, vergewe my.” Hy het aangevoel wat die Gees besig was om te doen, en hy het ook begin ween en sy arms rondom my geslaan. Ons het saam gehuil, hom vir sy sonde en ek vir my sonde. Hy het vir detoks gegaan vir ‘n paar dae en toe het hy Thanksgiving en Kersfees aan tafel saam met my gesin deurgebring. Hy het by die gebedsgroep aangesluit; hy het met ‘n pragtige vrou getrou en ‘n paar jaar later is hy in die bediening aangestel.

Dit is wat Paulus bedoel het toe hy gesê het: “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal gword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.... Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles” (1 Korinthiërs 13:1-2,7, AFR53).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.