Deel die Liefde van Jesus

Gary Wilkerson

Onlangs, terwyl ek gebid het, was my hart ontroer. Ek het God gevra om deure oop te maak sodat ek teenoor vyf mense tydens die komdende week kon getuig van Jesus.

Op dieselfde dag, het ek saam met my gesin in ‘n restaurant gesit toe ‘n bejaarde man verbygeloop en sy hand op elkeen van ons se skouers geplaas het toe hy verbykom. Dit was liefderyke gebaar en ek het na hom uitgereik deur met hom te gesels. Die man se naam was Skip, en hy was vyf-en-tagtig jaar oud. Hy het vir ons vertel dat sy vrou onlangs deur ‘n beroerte verlam is. “Ons is al die jare getroud en nou lê sy in die bed by die huis”, het Skip gesê. “Ek voel oorweldig met al die werk om vir haar te sorg. Ek het net gou uitgekom vir ‘n klein ruskansie.”

Toe ek gevra het of ons vir hom kon bid, het Skip trane in sy oë gekry. Hy het net gewag dat iemand vir hom vertel dat God omgee.

Later daardie week, het ek die liefde van Christus gedeel met ‘n hawelose tiener. Binne dae, het ek ‘n betekenisvolle, kragtige ontmoetings met ander gehad. Gebed maak kragtig deure oop en maak ons oë oop vir die behoeftes op ons deur en oor God se begeerte om daardie behoefte te vervul.

In ons gemeenskappe, wil mense graag ‘n getroue kerk sien wat optree volgens hul geloof dat God begeer om mense te verlos van allerhande gevangenskappe. Deur ons gebede, is die Here gereed om op te tree. Al wat Hy van ons wil hê, is dat ons met geloof vorentoe beweeg om te sien hoe sy krag lewens transformeer. “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het” (1 Johannes 5:14-15, AFR53).

Vriend, ek dring by jou aan om ernstig vir jou geliefde te bid en vir almal wat jy teëkom. Selfs al besef jy dit nie, God het dalk reeds in hulle lewens begin werk. So, wanneer jy ‘n klop teen jou deur hoor, wees getrou om oop te maak. Jesus is reg om ons te verstom met sy reddende, verlossende en transformerende liefde.