Die Hart van Swaarkry

Carter Conlon

In teenstelling met baie van hedendaagse teologie, het God ons nooit 'n lewe sonder beproewinge en lyding belowe nie, maar eerder een waarin ons gelouter en noukeurig na Sy beeld gevorm sou word. Hy het nooit bedoel dat ons tevrede moet wees met die eng lewe om net vir onsself te leef met ons liefdes gerig op die dinge van hierdie wêreld nie, maar eerder met uitgestrekte hande en harte wat medelye het met die swakhede van ander.

Daar is mense wat so 'n afkeer het van die idee van swaarkry, dat hulle dadelik afgesit word as dit bloot genoem word. As hulle nie 'n boodskap hoor wat hulle gelukkig maak en hulle verseker dat alles in orde gaan wees nie, gaan hulle vinnig weg op soek na 'n plek waar hulle goeie nuus sal hoor.

Wat dit toon, is 'n inherente gebrek aan begrip aan die weë van God. Mense doen hulself uiteindelik 'n groot onguns aan wanneer hulle God op hierdie manier nastreef, want dit is in werklikheid goeie nuus.

Aan die hart van swaarkry, is die barmhartigheid van God.

God is altyd getrou om sy volk te versterk en strategies voor te berei op alles wat hulle sal moet trotseer. Dit beteken egter dat ons noukeurig ons ore moet rig op wat Hy sê. Die mense wat voortdurend na 'n meer aaneemlike boodskap soek, sal uiteindelik daarby uitgesluit word om in die komende dae aan God se krag deel te neem. Die Here gee hierdie goddelike krag aan gelowiges wat nie bang is om te luister na wat die Heilige Gees sê nie en daarom die tye kan onderskei.

In hierdie konteks versoek ek jou om jou hart oop te maak, die vlugtige aard van ons lewens te herken en te begryp dat die Here 'n groot genade-oproep aan sy kinders rig, as hulle maar net wil luister. Slegs dan sal ons in staat wees om op 'n manier te lewe wat God verheerlik en genadig is teenoor ander, ongeag die ontberinge wat ons beleef.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.