Die Kerk se Generasiegaping

Gary Wilkerson

Die volgende is die generasies wat vandag leef en die algemene tydraamwerke waarin hulle gebore is. Watter een is jy?

Greatest Generation (1901-27)

Silent Generation (1928-45)

Baby Boomers (1946-64)

Gen X (1965-80)

Millennials of Gen Y – (1981-96)

Gen Z of iGen – (1997-2010)

Generation Alpha (gebore na 2010)

Ek is 'n trotse boomer. Ons het mondig geword in 'n onstuimige era en dink ons is soort van hip. Ek bedoel, ons het rock en roll uitgevind en was in beheer toe die internet wêreldwyd gegaan het! Jy is welkom.

Dit gesê, ek het 'n bietjie slegte nuus vir my mede boomers. Ons is nou die ou ouens vyf sportjies terug van die nuutste generasie. Ons word meer geassosieer met heupchirurgie as met die Summer of Love.

Die ernstige deel is: Volgens 'n Amerikaanse Gesinsopname van 2018 is die vinnigste groeiende groep mense op die godsdienstige horison die "Geen", diegene wat "geen" merk op opnames wat vra vir hul godsdienstige affiliasie. Dit is 'n ironie dat ons in ons strewe om die evangelie meer relevant vir nuwe generasies te maak, het ons dit buite bereik laat voel.

Dit is nie dat mense nie nuuskierig en desperaat is vir God nie. Dit is eerder dat kinders meer en meer grootgemaak word in omgewings waar God nooit eers genoem word nie. Nog erger, as hulle uiteindelik by 'n kerk uitkom, het hulle baie vrae, maar hulle word met glimlagte en alledaagsheid ontvang. ’n Millenial het onlangs vir my gesê dat baie van sy maats nie voel dat hulle hul vrae aan gelowiges kan stel nie. Hoekom is dit so? Miskien is dit omdat te veel mense relevansie bo geloof geprioritiseer het. Miskien het hulle self nie eers die antwoorde probeer vind nie.

C. S. Lewis se boek Mere Christianity is saamgestel uit 'n reeks radio-uitsendings wat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog gemaak het. Beide die boek en die uitsendings was sensasies omdat hy die moeilike vrae geopper het. Hy het sy onderwerp goed geken uit sy eie groot stryd met die idees van God, lyding, verlossing en die lewe in die algemeen.

Ken ons ons onderwerp, die wonderlike evangelieboodskap? Maak dit ooit saak hoeveel ons weet? Wees verseker dat dit baie saak maak vir die persoon wat smag daarna om meer van Jesus te leer. Petrus het ook so gedink. In 2 Petrus 1:3-11 spoor hy ons aan om aan te hou om ons geloof te versterk en gereed te wees om dit mee te deel. Hy som dit op met “Daarom … moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak” (2 Petrus 1:10, AFR53).

Wyse woorde, op enige ouderdom.