Christus se Voorbeeld vir Hulle Wat Versoek Word

David Wilkerson (1931-2011)

Op 'n oomblik toe Jesus fisies kwesbaar was, het die duiwel sy eerste versoeking gebring. “En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker na Hom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word” (Mattheüs 4:2-3, AFR53).

Dit is geen sonde om honger te wees nie. So, wat is die probleem hier?

Satan het Jesus uitgedaag. “As U werklik volkome God is, dan het U God se krag in U. Op die oomblik, is U in die moeilikheid. Waarom gebruik U nie die krag wat God U gegee het om Uself te bevry nie? Het Hy U nie die krag gegee om te kyk of U dit reg sou gebruik nie?”

Hier is een van die verraderlikste versoekings wat werklik godvresende mense beleef. Jy het 'n passie vir God. Jy het jou hart daarop ingestel om heeltemal aan Hom oorgegee te wees. Maar na 'n rukkie, lei die Here jou na 'n woestynervaring en dan ontstaan daar vrae. Jy begin jou rigting verloor en wonder oor God se ewige voornemens in jou lewe. Terwyl jy probeer bid en oorwin, lyk Satan se versoekings erger as ooit.

Die vyand wil hê dat jy onafhanklik van die Vader moet optree. Die duiwel sê: “Jou lyding kom nie van God af nie. Jy hoef nie hierdeur te gaan nie. Jy het God se krag in jou deur die Heilige Gees. Spreek die woord. Bevry jouself. Stil jou eie honger.”

Eerstens, was Satan se plan om 'n kragonderbreking te veroorsaak. Hy het gehoop dat God nie Jesus se uitroep om brood, as Hy sou vra, sou verhoor nie. As die hemel se krag misluk, sou Christus moontlik twyfel aan sy goddelikheid en afwyk van sy ewige voorneme op aarde. Tweedens, Satan het geweet dat Jesus gestuur is om net te doen wat die Vader vir Hom gesê het, en daarom wou hy Christus oortuig om ongehoorsaam te wees ter wille van sy eie welsyn. Op hierdie manier, as Jesus sy krag sou gebruik om lyding te vermy, sou Hy later dieselfde kon doen om die kruis te vermy.

Hoe het Jesus op die versoeking van die duiwel geantwoord? “Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matthéüs 4:4). Christus het in wese gesê: “My koms na die aarde gaan nie oor my behoeftes, lyding of fisiese troos nie. Ek het gekom om Myself vir die mensdom te gee, nie om Myself te red nie.”

Selfs op die hoogtepunt van sy lyding, het Jesus nie sy ewige voorneme uit die oog verloor nie. As ons Here afhanklikheid van die Vader en deernis getoon het dwarsdeur 'n droë ervaring en die versoeking van die duiwel, kan ons leer om dieselfde te doen.