God se Kinders op Hul Knieë Kry

David Wilkerson (1931-2011)

“Hulle sal na opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag” (Sagaria 12:10, AFR53).

Hierdie vers verwys oorspronklik na die Joodse volk, maar ek sien ook in Sagaria se profesie dinge wat op die kerk toegepas kan word. Daar kom binnekort 'n baie persoonlike handeling deur die Heilige Gees. Die kerk van Jesus Christus het sonde so afgestomp, afgewit en dit oorgesien, dat wanneer die Heilige Gees uitgestort word, Hy ook 'n reiniging sal bring. Daar sal geween, rouklaag en gebrokenheid wees, 'n besef van hoe werklik ons sondes die hart van God bedroef.

Die Heilige Gees sal nie net in gemeentes nie, maar ook in gesinne en individue op hierdie manier werk. “En die land sal rouklaag by geslagte; elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik” (Sagaria 12:12).

Watter groter gawe kan God sy kerk gee net voor Hy kom as 'n kragtige, oortuigende boodskap teen sonde? Hy sal so 'n deurdringende sondebesef bring dat ons geen onheilige of onrein ding in onsself sal kan verdra nie.

Opsommend, hier is die kwalifikasies en punte van die laaste dae se uitstorting van die Gees:

1. 'n Fokus op die finale oes van siele.

2. 'n Gees van genade, wat lei tot bekering en godvrugtigheid..

3. 'n Gees van smeking, wat lei tot oorgawe en 'n dringendheid om in die Gees te bid.

4. 'n Verlange na Jesus, 'n gebrokenheid en geween van goddelike droefheid oor sonde.

Eers na sulke handelinge van die Gees sal die ware seën van vreugde kom! Ek wil nie uitmis op God se laaste uitstorting nie. Ek het Hom gevra om my in te sluit, en ek moedig jou aan om dieselfde te doen.

Bid nou saam met my, “Here, ek het nie die dissipline wat nodig is vir u heilige werk nie. U moet dit vir my gee. Gee my u las vir verlore siele; plaas u smekende Gees in my. U is my enigste hoop, so ek gee oor en wend my volkome tot U. Ek sal alles doen wat U vir my sê, en ek sal vir alles op U staatmaak”.