Die Seën van met Verdrukking te Leef

David Wilkerson (1931-2011)

Ek glo in genesing. Ek glo in verdrukking. Ek glo in “genesende verdrukking.” Enige verdrukking wat my daarvan weerhou om af te dwaal, wat my dieper in God se Woord dryf, is genesend. Soos Psalm 119:67 sê: "Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek woord" (AFR53). God se genadigste genesende krag geestelik en fisies kan verdrukking wees.

Om te sê dat alle pyn en verdrukking van die duiwel is, is om te sê dat die Psalmdigter deur die duiwel gedryf is om God se Woord te soek. In my eie lewe, het ek baie lyding gehad. Ek het God aangeroep vir verlossing, en ek het Hom geglo vir volkome genesing. Terwyl ek aanhou glo, sal ek aanhou om God te dank vir die huidige toestand en dit te laat dien om my herinner aan hoe afhanklik ek werklik van Hom is. Met die Psalmis kan ek sê: “Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge kan leer” (Psalm 119:71).

Lyding en verdrukking moenie afgemaak word as afkomstig van die duiwel nie. Sulke laste het groot manne van geloof en insig opgelewer.

Paulus het gepraat van die “sorg” van die kerke wat op hom afgeskuif is (sien 2 Korinthiërs 11:23-28). Elke pasgebore kerk was nog 'n las op sy skouers. Groei, uitbreiding en toenemende belange behels altyd nuwe sorge. Die man wat God gebruik, moet breë skouers hê. Hy durf nie terugdeins van die uitdaging van talle sorge en verantwoordelikhede nie.

Elke nuwe stap van geloof wat God my laat neem het, het talle nuwe sorge en probleme meegebring. God weet presies met hoeveel sorge Hy ons kan vertrou. Dit is nie dat Hy probeer om ons gesondheid of krag te breek nie; dit is net dat gewillige arbeiders min is en die oes is so groot. “Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 5:6-7).

Sorge word weggeneem van diegene wat dit weier en as geskenke gegee aan diegene wat nie bang is daarvoor nie. Elke nuwe seën hou verband met 'n familie van sorge. Dit kan nie geskei word nie. Jy kan die seëninge van die lewe nie geniet voordat jy leer om met die sorge te leef nie.