Verseker van God se Getrouheid

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Jesus op die hoogste punt van die tempel gestaan het, het Satan vir Hom gefluister: “Gaan voort. Spring! As U regtig God se Seun is, sal Hy U red.”

“[Die duiwel] sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie” (Matthéüs 4:6, AFR53).

Sien jy Satan se slinksheid hierin? Hy het een belofte van die Skrif geïsoleer, en hy het Jesus versoek om sy hele lewe daarop te plaas. Hy het voorgestel: “U sê dat God met U is. Wel, gee my die bewyse. U Vader het my reeds toegelaat om U te teister. Waar is sy teenwoordigheid daarin? U kan nou bewys dat Hy met U is deur te spring. As God met U is, sal Hy 'n sagte landing gee. U kan u vertroue daarop baseer. Indien nie, kan U net sowel sterf as om te wonder of U op u eie is. U het 'n wonderwerk nodig om te bewys dat die Vader met U is.”

“Hoe het die Heiland gereageer? “Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie” (Matthéüs 4:7). Wat presies bedoel Jesus hier met “God versoek”?

Die Ou Testament gee vir ons die antwoord. Oor en oor het die Here Homself getrou aan die Israeliete bewys. God se volk het sigbare bewyse ontvang dat hulle Here met hulle was, en tog het hulle keer op keer dieselfde vraag gevra: "Is God onder ons of nie?" God noem dit “Hom versoek.” Jesus gebruik dieselfde frase in sy antwoord aan Satan.

Soos met Israel, het God reeds die volledige bewyse van sy teenwoordigheid gegee. Eerstens, ons het sy Woord wat veelvuldige beloftes van sy nabyheid aan ons bevat. Tweedens, ons het ons eie persoonlike geskiedenis met God wat 'n getuienis is van sy vele verlossings in die verlede in ons lewens. Derdens, ons het 'n Bybel vol getuies van God se teenwoordigheid in die afgelope eeue.

Wat sê dit ons? Dit wys vir ons dat dit 'n ernstige sonde is om aan God se teenwoordigheid te twyfel; ons moenie bevraagteken of Hy met ons is nie. Die Bybel is duidelik: ons moet deur geloof wandel en nie deur aanskouing nie.