‘n Voorsmakie van die Hemel

David Wilkerson (1931-2011)

'n Voorsmakie is 'n vooraf smaak of besef. Die Bybel noem dit “wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid” (Efésiërs 1:14, AFR53). Dit beteken om 'n voorsmakie van die geheel te ervaar voordat ons die geheel het. Ons erfdeel is Christus self, en die Heilige Gees bring ons in sy teenwoordigheid as 'n voorsmakie om as sy bruid ontvang te word, om ewige liefde en gemeenskap met Hom te geniet.

Paulus beskryf 'n volk van God wat "verseël is met die Heilige Gees" (Efésiërs 1:13). Dit spreek van 'n volk wat spesiaal gekenmerk is deur 'n werk van die Gees. Die Heilige Gees het by hulle 'n onderskeidende kenmerk, 'n glorieryke innerlike werk, iets bonatuurliks opgelewer wat hulle vir ewig verander het.

Hulle is nie meer gewone mense nie. Hulle is nie meer “van hierdie wêreld” nie, aangesien hulle hul liefdes gevestig het op dinge daarbo, nie op die dinge van hierdie aarde nie. Hulle word nie ontsteld oor gebeure in die wêreld nie; liewer, hulle is onwankelbaar. Hulle is nie meer louwarm of halfhartig nie. In plaas daarvan roep hulle harte dag en nag uit: "Kom gou, Here Jesus ..."

 Wat het met hulle gebeur? Wat het die Heilige Gees in hierdie gelowiges gedoen? Wat het hulle vir altyd as die Here se besitting gekenmerk en verseël?

Die Heilige Gees het hulle 'n voorsmakie gegee van die heerlikheid van sy teenwoordigheid. Hy het na hulle toe gekom en die hemel opgemaak en hulle het 'n bonatuurlike manifestasie van sy uitermate grootheid beleef. Hy gee ons “'n bietjie hemel”'om mee hemel toe te gaan, ‘n aptytwekker. 

Watter soort bruid dink jy sal die Gees op daardie dag van die openbaring aan Jesus Christus voorstel? Een wat halfhartig is? Wie se liefde lou of koud is? Wat nie toegewyd aan Jesus is nie? Wat nie intimiteit met Christus wil hê nie?

As jy Jesus werklik liefhet, is Hy nooit uit jou gedagtes nie. Hy is teenwoordig elke oomblik terwyl jy wakker is. Sommige Christene dink: “Dit sal gebeur nadat ek dood is. As ek in die hemel kom, sal alles verander. Dan word ek die spesiale bruid van die Here. ” Nee, die dood heilig niemand nie! Hierdie Heilige Gees is vandag hier. Hy leef en werk in jou om 'n passievolle liefde vir Christus aan hierdie kant van die dood in jou op te wek.