‘n Volmaakte Hart Vertrou

David Wilkerson (1931-2011)

Die Psalmdigter het geskryf: “Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered. Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie” (Psalm 22:4-5, NKJV). Die Hebreeuse stamwoord vir “vertrou” dui op “om van ‘n krans af te spring.” Dit beteken soos ‘n kind wat in die daksparre geklim het en nie kan afkom nie. Hy hoor sy vader sê: “Spring!” en hy gehoorsaam en werp homself in sy vader se arms.

Is jy tans op so ‘n plek? Is jou senuwees gedaan en wankel jy? Jy het jouself dalk oorgegee aan jou situasie, maar dit is nie vertroue nie; dit is niks anders as fatalisme nie. Vertroue is iets heeltemal anders as passiewe oorgawe. Dit is aktiewe geloof.

As ons intenser na Jesus smag, sal ons agterkom dat ons vertroue in Hom goed gegrond is. Op een stadium in ons lewens, kon ons dalk gedink het dat ons Hom nie regtig kan vertrou nie, dat Hy nie werklik beheer het oor die groter prentjie het nie en dat ons in beheer moet bly. Deur nader aan Hom te kom en Hom te leer ken, verander dit.

Uiteindelik, sal ons nie net na Hom kom vir hulp wanneer ons raadop is nie; in plaas daarvan, sal ons so naby aan Hom begin wandel dat ons waarskuwings hoor rakende beproewings wat voorlê.

Die hart wat vetrou sê altyd: “Al my treë is deur die Here georden. Hy is my liefdevolle Vader, en Hy laat my lyding, versoekings en beproewings toe, maar nooit meer as wat ek kan verdra nie. Hy gee altyd ‘n uitkoms. Hy het ‘n ewige plan en doel vir my. Hy het elke haar op my kop getel, en hy het al my dele gevorm toe ek in my moeder se skoot was. Hy weet wanneer ek sit, staan of lê omdat ek die appel van sy oog is. Hy is Here, nie net oor my nie, maar oor elke gebeurtenis en situasie wat my raak.”

Ware vertroue stel die grootste krag in die hart vry wat God aan die mensdom kan gee, groter as die krag om die dooies op te wek of siekte en krankheid te genees. Wanneer ons werklik volkome op God vertrou, word aan ons ‘n krag gegee wat gebroke harte en lewens herstel, ‘n krag wat ‘n spesiale soort heerlikheid en eer aan ons Here bring.