‘n Toenemende Uitstorting

David Wilkerson (1931-2011)

In die laaste dae, sal die kerk van Jesus Christus glorieryker en meer seëvierend wees as in sy hele geskiedenis. Die Here se ware liggaam gaan nie verswak of stotter nie. Nee, sy kerk sal uitgaan met ‘n gloed van krag en heerlikheid, en dit sal die volste openbaring van Jesus hê as wat enigeen ooit geken het.

Daar kom ‘n liggaam van gelowiges voort wat sal swem in die stygende water van die Here se teenwoordigheid. Dit is wat God vir ons wys in die profeet Eségiël se visioen van stygende water (sien Eségiël 47:3-4). In die laaste dae, sal daar ‘n toename van God se teenwoordigheid wees onders sy kinders. Hierdie stygende stroom water is ‘n beeld van Pinkster, toe die Heilige Gees aan die dissipels gegee is. Saam met hierdie gawe van die Gees, was vir Christus se volgelinge ‘n belofte gegee dat Hy ‘n rivier water sal wees wat in hulle opspring, en daardie rivier sou deur die hele wêreld vloei (sien Johannes 7:38-39).

Die rivier van die lewe sal piek net voor die Here se koms. Dit word voorspel in die visioen wat aan Eségiël gegee is. In daardie visioen het die Here ‘n meetsnoer gebruik en 1000 el, ongeveer ‘n derde van ‘n myl afgetree. Op daardie afstand, het die Here en Eségiël in die water begin loop. Die vloei hier was enkeldiep. Die Here het aangehou om die profeet aan te moedig om vorentoe, dieper en verder in die water te gaan. Na nog 1,000 el, het die water tot op by hulle knieë gekom. Eségiël sê dat toe hy na die kant van hierdie maat getree het, was die water te diep vir hom, te oorweldigend! Ek kan my slegs hierdie man se verwondering voorstel! Hy kon homself slegs voorstel wat ons nou geniet.

Miskien beleef jy die teenwoordigheid van Jesus in oorvloed. Jy is dalk in ekstase oor jou huidige openbaring van Hom. Ek sê egter vir jou dat jy nog niks gesien het in vergelying met dit wat na die regverdiges toe op pad is nie. Christus gaan ons oë oopmaak en wonderbaarlik in ons midde verskyn.

Die Gees sal Jesus aan ons openbaar en soveel van sy lewe in ons uitstort as wat ons kan hanteer sonder om reeds in verheerlikte liggame te wees. Wat ‘n manjifieke belofte!