DEUR ELKE BEPROEWING

David Wilkerson (1931-2011)

Ons maak ‘n keuse om ons lewens te leef met kommerwekkende vrees of met vertroue op God. As ons onsself vandag toelaat om oor een ding bekommerd te wees, dan sal ons môre oor twee dinge bekommerd wees. Kortliks, ons vrese sal voortdurend toeneem soos die vloedgolwe van probleme aanhou kom. En dan, as ons vrese nie mee afgereken word nie, sal ons bekommerde gemoed ons laat afsak in ‘n bodemlose put.

Ons moet eenvoudig oortuig wees dat ons hemelse Vader ons liefhet, maak nie saak hoe erg ons beproewings is nie. Ons mag stemme van vrees hoor onder die stygende golwe van swaarkry, maar Dawid het duidelik getuig: “Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid!” (Psalm 29:11).

Wanneer verwoestende vloedstrome van die lewe kom, beleef mense ‘n “verduistering van geloof.” Getuienisse wat ek gehoor het, het almal een ding in gemeen gehad: ‘n donker nag van die siel. Ek het oor die jare oortuig geword dat elke getroue dienaar van Christus so ‘n krisis beleef op een of ander tyd. Ek het gepraat met diegene wat ‘n tydperk beskryf het waarin dit lyk of alles onder ‘n wolk van duisternis is, terwyl God se stem stil is. Hulle het alles gedoen wat hulle geweet het om te doen om van die hemel te hoor, maar die duisternis het net voortgeduur.

Dit is gedurende sulke tye dat die Skrif sê ons moet die liefde wat God vir ons het ken en daarin glo. Wanneer ons wêreld onderstebo gekeer word, word ons die kwesbaarste vir die vyand se leuens. Satan sal probeer om ons krisis te gebruik om ons in ‘n put van wanhoop neer te werp. Gedurende daardie tye moet ons kan terugval op ons kennis van God se liefde vir ons.

In my lewe, het daar baie beproewinge oor my pad gekom. En dit is die een waarheid wat my deur dit alles geanker het: God het my te alle tye lief, selfs deur elke beproewing van die lewe.