DEUR DIE GEES WANDEL

Jim Cymbala

Die meeste van ons begin ons Christelike lewens met die geloof dat God al is wat ons nodig het. Punt. Ons weet sekerlik ons het geen deel gehad in ons aanneming deur God nie. Sy verlossing was ‘n gratis geskenk – al wat ons moes doen, was om te glo en te ontvang. Maar toe het om Christus te volg ‘n bietjie meer ingewikkeld geraak. Bewus van ons mislukkings, het ons ons nie tot Hom gewend nie, maar tot onsself! En dit is waarom Paulus sy lering aan die Galásiërs met hierdie woorde opsom: “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galásiërs 5:25, beklemtoning bygevoeg).

Ons word weergebore deur die Heilige Gees in ons, en ons lewe deur die Gees. Hoewel ons so begin het, moet ons nou terugkeer na ons eie inspanning met patetiese pogings om goeie lewens te leef? Paulus se riglyn is om deur die Gees te wandel  – die lewende teenwoordigheid van God wat in ons harte woon. Soos ons ons onderwerp aan die Gees van God, skil hy laag vir laag dinge af wat Hom mishaag.

In ons eie krag, kan ons nooit optree soos Jesus Christus nie. Dit is waarom Hy vir ons ‘n Helper gestuur het. Die Gees van Jesus binne-in ons, wil teer en liefdevol ons dae bestuur. Dit is nie ‘n slegte ding nie. Hy was nie gestuur om ons planne omver te werp, of ons te verhinder om die beste van die lewe te geniet nie. Dit is die teenoorgestelde! Hy is gereed en in staat om ons uit te lei in die skoon, vars lug van Christelike woorde, gedagtes en dade.

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword ” (2 Korinthiërs 5:17).

“Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” (Romeine 8:1).

“Here, ons wil heilig wees, net soos U.”

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.