DEEL JOU LEWE

Jim Cymbala

God het sommige verse in 1 Thessalonicense vir my lewend gemaak. Soos die meeste bedienaars, het ek Paulus bestudeer in die hoop om die geheime van so ‘n kragtige, effektiewe arbeid vir Christus te kon ontdek. Ek het reeds sy onveranderlike boodskap geken – die evangelie van Jesus Christus. Ek het ook sy metodologie geanaliseer: hy het totaal op die Heilige Gees vertrou. Daagliks was Hy gelei en versterk deur die Gees se krag.

Maar nou het ‘n derde waarheid begin om van die bladsye van my Nuwe Testament af te spring – Paulus se motivering. Toe hy die gelowiges herinner het aan sy besoek aan Thessalonika, wat gelei het tot hulle bekerings en die stigting van ‘n Christelike kerk, het Paulus gesê, “Al kon ons as apostels van Christus, met gesag optree. Maar ons was vriendelik onder julle, soos ‘n pleegmoeder haar kinders koester” (sien 1 Thessalonicense 2:6-7). Die beeld hier in die oorspronklike Grieks is van ‘n moeder wat haar baba voed. Watter pragtige beeld van liefde en toewyding. Wanneer ‘n moeder ‘n suigeling voed, gaan dit alles oor die baba, nie oor haar nie. Paulus maak die stelling dat hy só was onder hulle – al die aandag en sorg was vir hulle, nie vir hom nie. Die apostel se motivering was ‘n vurige liefde vir die gelowiges in Thessalonika wat slegs verklaar kon word deur God se eie liefde wat hom beheer het.

Maar hy het verder gegaan: “Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het” (2:8).

“Ons [het] so na julle verlang,” het Paulus gesê, dat ons “aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe!”

Dit is geen wonder nie dat Paulus se boodskappe die harte van die mense aangeraak het. Sy woorde was nie net uit sy mond nie, maar ook uit ‘n liefdevolle hart. Wat sou maak dat ‘n bedienaar nie net preke aan mense wou gee gee nie, maar ook sy eie lewe? Dit was liefde – God se liefde!

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.