Dag Van Die Sprinkane!

In Openbaring 8, lees ons van sewe engele wat trompette blaas. Hierdie magtige trompetgeskal waarsku die mensdom teen verskriklike gebeure wat op aarde gaan plaasvind.

Die eerste vier trompette waarsku teen ongelooflike besoedeling wat bome, gras, riviere, see en lug vergiftig. Water word bitter en die lugruim verdonker oor een derde van die wêreld.

Dan in hoofstuk 9, kom 'n vyfde waarskuwing. Dit beskryf 'n wêreldwye inval van sprinkane:

"Uit die rook kom daar toe sprinkane tevoorskyn en hulle is soveel mag gegee dat hulle net so gevaarlik soos skerpioene was." (Openbaring 9:3).

Wie sit agter hierdie vreesaanjaende swerms van sprinkane? Dit is Satan homself: "Toe die vyfde engel op sy trompet blaas, sien ek 'n ster wat van die hemel af op die aarde geval het. Aan hom is die sleutel gegee wat die opening van die bodemlose diepte kan oopsluit." (9:1).

Satan is die ster wat uit die hemel val. En hy is toegelaat om die hel se hekke oop te maak en 'n leër van demoniese sprinkane los te laat.

Die oomblik wat die duiwel die deur van hierdie bodemlose put oopmaak, styg groot hoeveelhede rook daaruit. Die rook is so dik en verstikkend, dat dit die son verduister en die hemelruim swart en drukkend maak.

Natuurlik is hierdie sprinkane nie werklike insekte nie. Hulle is demonies besete en mense wat deur Satan beheer word: "Hulle het gesigte soos mense gehad" (9:7). Ons word gesê dat hulle lang hare het: "Hulle het lang hare gehad soos 'n vrou" (9:8). En hulle het hooftooisels of tulbande gedra: "en op hulle koppe was daar iets wat soos goue krone gelyk het" (9:7).

Hierdie demoniese sprinkane slaan skielik toe, soos skerpioene. En hulle bring vreeslike lyding vir hulle slagoffers: "Hulle het nie die reg gehad om hierdie mense dood te maak nie, maar om hulle vyf maande lank te pynig met pyn wat soos skerpioensteke is" (9:5).

Die Griekse woord vir skerpioen hier meen 'vergiftiger, een wat vergiftig.' Die sprinkane word ook beskryf as krygsmane: "Om hulle bors het hulle iets gehad wat soos ysterharnasse gelyk het. Die geluid van hulle vlerke het geklink soos die gedreun van 'n hele leër van ysterwaens en perde wat in 'n geveg uitstorm." (9:9).

Die beeld hier impliseer 'n leër van demoniese martelaars, pronkend soos perde, angstig om te veg. Hulle "vlerke" impliseer dat hulle in die lug kan steek. En daar is dodelike krag in hulle steek:

"Hulle sterte het angels gehad soos die van 'n skerpioen. Dit was in hierdie angels wat hulle mag gelê het om die mense vyf maande lank te laat swaarkry." (9:10). Kortliks, elkeen van hierdie demoniese mense het die vermoë om te steek of te vergiftig vanaf die gond af of vanuit die lug.

In die laaste dae, sal Satan se leër van getulbande martelaars losgelaat word op die aarde. En hierdie demonies gedryfde fanatikuste sal vernietiging en vrees oor die hele mensdom bring.

Teoloë van die sewentiende eeu, wat baie Puriteine insluit, het geglo dat die leër van sprinkane Mohammedane is. Hulle het die inval van sprinkane beskou as 'n wêreldwye Mohamedaanse jihad of 'n heilige oorlog.

Jare gelede, het 'n welbekende skrywer, Dr. Wordsworth, hierdie scenario beskryf in 'n boek wat hy geskryf het oor Islam en Mohammed. Hy het die borrelende rook in Openbaring 9 gesien as die doktriene van Islam. Soos 'n dik wolk het Islam mense se oë verblind, die waarheid verberg en hulle denke verdonker. Dit het selfs die krag gehad om hele nasies te verblind.

Wordsworth het geleer dat uit hierdie dogmatiese rook 'n sprinkaanagtige leër sal verskyn. Soos ander van sy tyd het hy geglo dat dit 'n Moslem leër sou wees. Dit sou bestaan uit boosaardige, langhaar, getulbande soldate. En hulle sal van nasie tot nasie beweeg en die Islamitiese geloof afdwing.

Dit het werklik plaasgevind tydens die geboorte van Islam. Mohammed het in die sesde eeu verskyn en die Islamitiese geloof gestig. Hy het 'n magtige leër van perderuiters gelei wat oor meeste van die aarde beweeg het.

Hierdie Mohammedane het teen die Roomse Katolieke, Griekse Katolieke en Jode oorlog gemaak. Hulle het die hele Asië oorval, van die Eufratusrivier in die Midde Ooste tot Konstantinopel, die hedendaagse Istanbul, Turkye. Hulle het die Heilige Land ingeneem, die hele Klein Asië (insluitend die gebied van die sewe gemeentes in Asië), Griekeland, die hele Oostelike Meditereënse eilande en Noord Afrika. Toe het hulle die Golf van Gibraltar oorgesteek na Spanje toe, waar hulle `n Moslem koninkryk gestig het.

Uiteindelik het hulle Frankryk binnegegaan, maar die Mohammedane het 'n oorweldigende neerlaag gely by Tours. Op daardie tydstip is die magtige Islamitiese vloedgolf wat oor Europa versprei het, gestop.

Vandag, maak leiers en diplomate daarop aanspraak dat "Islam 'n geloof van vrede" is. Maar alles in Islam se geskiedenis bewys die teendeel. Meeste oorloë wat tans plaasvind is tussen Moslems en 'n ander groep of nasie.

Die waarheid is, Islam was in geweld gebore, en was van toe af 'n geloof van die swaard. Mullas en ayatollas dwing Islamitiese wette af deur mense te gésel en deur hulle vingers, ledemate en koppe af te kap. Sulke brutale praktyke is algemeen in baie Moslem nasies, insluitende Afganistan.

Verder is daar in omtrent elke Moslem se hart 'n ingebore haat vir Jode. Dit is amper onmoontlk om iewers 'n Islamiet, wat glo dat Israel 'n bestaansreg het, te vind,

Moslems mag die terroriste aanval teen Amerika afkeur, maar in die selfde asem skreeu hulle "Vernietig Israel". Hulle sien terrorisme teen Israel as 'n regverdige jihad, 'n heilige oorlog wat deur hulle geloof goedgekeur word. Dit is waarom miljoene Moslems wêreldwyd Osama bin Laden as 'n held vereer.

Ons word ook vertel dat slegs 'n paar Moslem terroriste is. Maar is terroriste nie hulle wat glo dat iemand anders nie 'n reg op bestaan het nie? As so 'n persoon glo dat dit aanvaarbaar is om ander persone te terroriseer, dan is hy in sy hart 'n terroris, al lig hy nooit sy vinger om 'n ander te beseer nie. Hy hoef nie met 'n straler in 'n gebou vas te vlieg nie. Hy is alreeds 'n terroris deur bly te wees wanneer 'n Jood aangeval of vermoor word. Wel, dit dan vir Islam wat 'n geloof van vrede is.

Moenie 'n fout maak dat hierdie 'n rassistiese boodskap is nie. God het elke Moslem lief, net so lief soos wat Hy elke Jood of nie-Jood het. Maar die Here het 'n ernstige probleem met die leerstellings van Islam. En Hy het ons geroep om vir Moslems te bid.

Ons het nodig om by God te pleit om baie Islamitiese leiers te red, net soos Hy Saul van Tarsus gered het en hom 'n sendeling van die wêreld gemaak het. Moslems word verblind van die waarheid deur 'n sataniese sluier. Maar God kan daardie sluier verwyder en hulle oë open vir die evangelie van liefde wat Christus is.

"Hulle het nie die reg gehad om hierdie mense dood te maak nie, maar om hulle vyf maande lank te pynig met pyn wat soos skerpioensteke is" (Openbaring 9:5). Hierdie sprinkane kan nie nasies vernietig nie, hulle kan net nasies terroriseer. En die "vyf maande" wat hier genoem word is beduidend op 'n beperkte, afgebakende tyd wat hulle het om hulle demoniese werk in te doen.

Ek glo die waarskuwing vertel aan ons twee dinge:

  1. Terroriste sal Amerika nie kan vernietig nie.
  2. Ons moet voorbereid wees op voortgaande teëspoed.

Amerika was alreeds deur die skerpioen se stert gesteek, deur die "World Trade Center" en "Pentagon" tragedies. En nou voel ons die gif deur die antrax aanvalle.

Ons weet ook dat Irak chemiese doders al vir jare opgaar. Wees verseker, dodelike voorraad word in en uit ander Moslemlande gesmokkel. Islamitiese "soldate," wêreldwyd wag net op die opdrag om hulle aanvalle te begin.

Eenvoudig gestel, Satan se sprinkane, en die bedreiging wat ons in die oë staar is 'n werklikheid. Maar ons moet onthou, die duiwelsgekontroleerde mense word beperk in die skade wat God hulle sal toelaat om te doen. Hulle kan nie Amerika of enige ander nasie vernietig nie.

Jy mag wonder, "Waarom sal God hierdie sprinkane toelaat om hulle tereur selfs vir 'n beperkte tyd te versprei?"

Jesus antwoord hierdie vraag: "Julle het My bevel ter harte geneem dat julle gewillig moet wees om vervolging te verdra, en daarom sal Ek julle ook beskerm in die moeilike tye wat oor die wêreld sal kom, want dit sal vir almal op aarde 'n verskriklike toets wees." (Openbaring 3:10).

Jesus verwys na 'n geleentheid wat oor die hele mensdom sal kom. In Grieks beteken "uur van versoeking" 'n tyd vir ondersoek, van beproewing en toetsing. Christus beskryf 'n uur van beproewing vir die hele wêreld.

Wat beteken hierdie uur van beproewong vir ongelowiges? Dit is 'n tyd wanneer God elke persoon sal vra, "Wanneer die sprinkaanswerm die nasie terroriseer, sal jy My dan erken? Sal jy dan na My draai om jou te verlos? Regeringsleiers, sal julle dan erken dat julle My hulp nodig het? Sal julle My vertrou om julle te beskerm?"

"Of sal julle trots in julle eie mag en staatmaak op julle eie wapens? Sal julle selfs die gedagte oorweeg, dat sonder my, julle nie kan vooruitgaan nie, of dit nou in tye van oorlog of vrede is?"

Natuurlik glo ek dat ons vuriglik moet bid vir ons nasie se soldate. Maar tog, dit is hartseer, ek sien geen bewys dat Amerika met sy hele hart na God toe draai nie. Met 'n paar uitsonderings gee ons leiers net lippediens aan God. En hulle plaas hul vertoue in ons nasie se generaals, stratege, tegnologie en gegalieërdes.

Die terroriste word egter ook getoets. Die Here vra aan hulle sowel as aan al die Islamiete, "Sal julle Israel aanraak? Moenie oor vrede praat terwyl julle die Jode haat nie. As julle aangaan op julle bloedige weë van terrorisme, dan sal ek Islam ontbloot vir die geweldadige geloof wat dit is. Dan sal julle veroordeel word deur jul medemens hier op aarde, sowel as by die Oordeel."

Geen ander mense gaan so swaar beproef word soos God se heiliges nie. So, wat sal ons toets wees? Watter tipe eksamen staar die kerk in die gesig? Ons toets sal gaan oor ons vertroue in God en Sy woord. Dit sal 'n toets wees of ons bereid sal wees om in geloof voor Hom te wandel.

Binnekort gaan ons Satan se sprinkane sien waar hulle almal om ons gaan terroriseer. Daar sal vrees aan alle kante wees. Die ekonomie gaan skud, en ons nasie se situasie gaan vererger. Baie poste sal opgeskort word, loopbane sal ontspoor.

Die bose verslae wat uit Amerika gehoor word sal die res van die wêreld verskrik. Wanneer die tyd kom, sal daar 'n enkele vraag vir die kerk van Jesus Christus kom: "Sal die Here se mense kalm en rustig wees?"

Kortliks, sal ons Sy belofte om ons te beskerm vertrou? Sal ons vertrou en weet dat ons in sy arms toegevou is? Sal ons nie bang wees nie, maak nie saak hoe donker dinge word nie?

Jesus vra hier dieselfde vraag: "Maar die vraag is: as Ek, die Redder, terugkom, sal Ek nog mense kry wat so op God vertrou?"(Lukas 18:8). Dit is tragies dat menigte Christene God net tot op 'n sekere punt vertrou. Soos wat swaarkry daardie punt verbygaan, so begin hulle geloof skielik te taan.

Ek vra jou: wanneer alles blyk in een te stort, en almal om jou is bang, sal jy kan sing, "Dit gaan goed met my siel"?

God se fokus in hierdie moeilike tye is nie terrorisme of die Islamitiese wêreld nie. Hy spot oor die dreigemente van die radikale Islamiete. Hulle kan nie Sy werk verhinder nie. Niks kan Sy doel verydel om die wêreld te bereik met Sy evangelie nie. Die Here se enigste bekommernis oor Islam op hierdie stadium is Sy gebruik van Islam as 'n staf vir oordeel vir teruggevalle nasies in die uur van beproewing.

Nee, God se fokus is nou op Sy eie mense. Hy is bekommerd oor die liggaam van Sy kerk hier op aarde. En die vraag wat Hy in gedagte het is dit: word sy volk meer vredeliewend en rustig terwyl die sprinkane voort woed? Op die einde wanneer Hy kom, sal Hy vind dat ons groei in ons geloof of dat ons wankelend is?

Ons weet dat die sprinkane beperk word in hulle mag om nasies te vernietig. En dat hulle beperk word met die tyd wat hulle het om die wêreld te terroriseer. Maar God het nog 'n beperking geplaas op hierdie demoniese leër:

"Hulle is aangesê om geen skade te doen aan die gras of ander plantegroei of bome op aarde nie, maar hulle moes die mense aanval wat nie die stempel van God op hulle voorkop het nie" (Openbaring 9:4).

Terwyl ek hierdie boodskap voorberei het, het ek God genader vir 'n woord van hoop. Ek wou dat Sy heiliges weet dat Hy vir ons sal sorg wanneer die hele wêreld geskud word. Ek wou mense se geloof opbou met God se belofte om ons te bewaar gedurende moeilike tye.

Toe het ek tot die besef gekom dat ek alreeds heelwat geskryf het oor die onderwerp. Die feit is, ek tel elf sulke boodskape (elkeen wat in my boek "God's Plan to Protect His People in the Coming Depression" verskyn het).

Uiteindelik is ek gelei na Openbaring 9, die hoofstuk oor sprinkane. Terwyl ek vers 4 gelees het omtrent God se bevel aan hulle om nie enige iets groen te vernietig nie, het 'n gedagte my binnegeskiet.

Ek het toe tot die besef gekom dat die sleutel om veilig te bly gedurende die tyd van tereur is om, "groen te bly."

Dawid het geskryf, "Maar ek is soos 'n gesonde groen olyfboom wat in God se teenwoordigheid groei, want ek vertrou op God se getrouheid vir ewig en altyd." (Psalm 52:10).

Die "groen" wat Dawid hier na toe verwys beteken geestelike gesondheid. Dit beteken om te gedei, groei, wees vrugbaar. Dawid vertel ons, "My gesondheid kom deur op God te vertrou. Ek gedy omdat ek na Hom toe draai. My vertroue in Hom bring geestelike lewe in my voort."

"Die ongeluk sal elkeen tref wat op mense vertrou, wat op 'n mens se krag reken en nie meer op My vertrou nie. So 'n iemand is soos 'n kaal struik in die droë veld wat nooit werklik goed groei nie. Hy groei net in die dorre woestyngrond in 'n verlate onvrugbare omgewing." (Jeremia 17:5-6).

Die Here waarsku, moenie op mense vertrou nie. As jy jou geloof op menslike krag toevertrou, dan sal jy vervloek wees." Dit is waar vir enige mens of nasie.

Op 11 September 2001, toe Mohammedane hulle giftige angels in die Wêreld Handel Torings ingeslaan het, is aan ons nasie 'n oproep gegee om wakker te word. Amerika het 'n kans gehad om haarself te verootmoedig en na die Here te roep. Dit was 'n kans om ons behoefte aan God te erken, te erken dat ons geen oorlog kan wen of kan vooruitgaan sonder Hom nie.

Ons het alreeds uitdrukking gegee aan hierdie basiese behoeftes op ons muntstukke. "In God vertrou ons." Maar diep in ons harte, erken ons nie die behoefte na die Here nie. Na 11 September het Amerika nie na God toe gedraai nie. In plaas daarvan het trots oorgeneem. Ons plaas gou ons vertroue in gevorderde tegnologie, militêre mag, intelligensie diens en kommando spanne.

Ek glo dat ons 'n jammerlike herhaling sien van wat tydens die Golf Oorlog gebeur het. Op die aand wat Amerikaanse troepe Irak ingeval het, het senior President Bush, op sy knieë deurgebring. God het Amerika met oorwinning geseën tydens die konflik.

Daarna was 'n "ticker tape" parade gehou om ons militêre leiers te eer en te loof. Maar nie een woord is genoem oor die Here nie.

Mag God ons nou help as ons vertroue plaas in slim bomme en gevorderde wapens! Sy Woord het ons gewaarsku, "Vervloek is die mens wat op die mens vertou."

Wat is hierdie vloek? Jeremia sê ons sal gereduseer word na 'n "kaal struik in die droë woestyn" (17:6). Met ander woorde ons sal nie 'n groot groen boom wees soos die ander in die woud nie. In plaas daarvan sal ons soos 'n geïssoleerde struik in die verlate vlaktes vernederd en verbleik, met niks om oor te spog nie.

Amerika se goeie tye, voorspoed en seën sal weggeneem word. Al die krag en mag waarop ons voorheen vertrou het sal tot niks verminder. En ander nasies ons sal verlaat en ons sal aan onsself oorgelaat word.

Op 'n kleiner skaal, sien ons die vloek aan die werk in die lewens van sommige Christine. Lank terug, het hulle, hulle vertroue gebou op finansiële sekuriteit, materiële besittings, wêreldse plesier. Nou is hulle geestelik totaal opgedroog. Hulle is geïssoleer, verlate, verlore in die wildernis van angs en vewardheid.

Maar as ons, ons vertroue in die Here stel, word die volgende deur ons geloof geproduseer:

"Maar dit sal goed gaan met elkeen wat op My vertrou en sy verwagting op My stel. Hy is soos 'n boom wat by 'n stroom staan en sy wortels by die water het. Hy kry nie swaar in die hitte nie, sy blare bly groen. Vir hom is die droogte nie 'n probleem nie, want hy hou aan om vrugte te dra" (17:7-8).

Geseënd is elke dienskneg, kerk en nasie wat sy vertroue in die lewende God plaas. En geseënd is hy wat geen bose verslag toelaat om hom van sy plek van rus by God te verwyder nie.

Soos ons geheel en al op die Vader vertrou, skiet ons wortel in Sy rivier van gesondheid. En Sy godelike krag - heerlike, groen geestelike gesondheid, vloei in en deur ons.

Terwyl alles om ons verrot, sal ons vloreer as groen bome, gesond en sterk. En wanneer die uur van afrekening kom, sal ons nie terugdeins of verwelk nie. In plaas daarvan sal ons geloof groei.

Ons sien 'n prentjie hiervan in Josua 14. Efraim (Israel) het hulle terugval berou, afgesien van hulle afgodsdiens en gedraai na die Here toe met hernude vertroue. God sê van hulle, "Dit is tog Ek wat julle gebed antwoord en vir julle sorg. Ek is soos 'n boom wat altyd groen bly. Al die goeie dinge wat julle ontvang het, kom van my af." (Hosea 14:8).

Skielik het Efraim weer gefloreer. Hulle geloof, gedemonstreer deur hulle berou, het geestelike welstand voortgebring. En gou het hulle vrug gedra, omdat God se krag deur hulle gevloei het.

Onthou, die sprinkane is beveel om niks wat groen is aan te raak nie. Eenvoudig gestel, hulle kan niemand seermaak wat in geloof wandel nie.

So, selfs wanneer hulle aanvalle op die felste is, sal hulle wat hulle vertroue in God stel, trots staan, soos soliede groen bome. Hulle sal nie kwaad aangedoen word deur enige soort sprinkane, insluitend terroriste nie.

Die beste verdediging teen alle tipe helse aanvalle, elke skerpioensteek, is geestelike welstand. En hierdie welstand kom net wanneer ons, ons na die Here toe draai en op Sy beloftes vertrou.

Laat my u die volgende vra:

Vertrou jy ten volle op God se vergiffenis? Maak jy staat op sy bloed om jou skoon te was van alle verderflike sondes? Of diep jy nog steeds ou sondes op wat al lankal vergewe is?

As jy veroordeeld voel, en gereeld probeer om God te behaag, dan is jy nie groen of gesond nie. God se belangrikste begeerte is dat jy Sy gekenk van vergiffenis aanvaar en daarin sal berus.

Die lewe het drasties verander sedert die gebeure van 11 September 2001. Voor dit het werksatisfaksie, verkryging van goeie raad, om vriende te hê wat jou verstaan, al die tyd van die gemiddelde Christen in beslag geneem. Nou is dinge anders. Daar word nou van ons verwag om op 'n ander weg te wandel. En om te oorleef sal ons geheel en al op God se heilige beloftes moet staatmaak.

Ons moet oortuig wees, "Ek het berou en het my sondes bely. En nou is dit bedek deur die bloed van Christus. So, ek weet ek is vergewe."

"Die duiwel kan doen wat hy wil aan die gemeenskap, maar hy kan nie my siel aanraak nie. Ek sal geen gedagte van skuld of angs herberg nie. Ek gaan alleen op God se Woord vertrou. En Hy sê ek is skoon en kosbaar in Sy oë."

Jy het God se vergiffenis aanvaar. Maar vertrou jy in Sy onvoorwaardelike liefde vir jou?

Ons Here sny ons nie af elke keer as ons misluk nie. Hy kyk nie gedurig oor ons skouers en eis dat ons dit reg doen nie. Hy vra slegs dat ons na Hom toe kom en bely, "Ek glo U Woord, Here, vergewe my, was my, hou my in U arms."

God se wens vir ons is dat ons al ons dae sonder vrees sal leef. Daarom durf ons Satan nie toelaat om ons van mislukking in die verlede te beskuldig nie. As ons daaroor berou het, dan is ons bedek deur Christus se kosbare reinigende bloed.

Onlangs het ek naby ons huis in New Jersey geloop terwyl ek gebid en gesing het, "Dit gaan goed met my siel." Ek het die Vader gevra, "Here, het U 'n woord vir my?"

Die Heilige Gees het aan my gefluister, "Ja David, Ek het. Jy vertrou op My Seun se reinigende bloed. En jy aanvaar My belofte van vergiffenis. Omdat jy dit alles glo, sing almal in die hemel saam met jou. Hulle sing, 'Ja dit gaan goed, alles gaan goed met David se siel'."

Vrede het my hart oorstroom. Op daardie oomblik het ek geweet wat dit beteken om "groen" met geestelike gesondheid te voel. My binneste het gesing, "Ek is 'n groen boom in die huis van God. En geen wapen uit die hel wat teen my gesmee word, sal my kan aanraak nie."

Tans is die hele wêreld oortrek deur 'n mantel van vrees. Vrees verlam mense van alle kante. Dit is jammer, want dit gaan vir hulle nog erger word. Satan se sprinkane gaan verwoesting bring by almal wat nie "wat nie die seël van God op hulle voorkop het nie" (Openbaring9:4).

Volgens die Skrif, sal mense op een van twee maniere op die onheil reageer:

Openbaring 9 vertel ons dat 'n sterk weermag van 200 miljoen man 'n volle derde van die aarde se populasie sal vernietig. Sonder twyfel verwys dit na 'n kernoorlog. Ons kan nie begin om onsself in te dink wat die wêreldwye verwoesting en plae dit vir ons sal meebring nie. Maar, ons word vertel, "Maar die mense wat oorgebly het en hierdie rampe oorleef het, het nie erken dat hulle verkeerd gedoen het nie" (Openbaring 9:20).

Hulle wat hulself teen God verhard, sal nou verslae gelaat word deur die rampe wat voorlê. As mense, of nasies onder oordeel nie bely na al die oproepe om te ontwaak nie, sal hulle dit nooit doen nie. Hulle sal dood eenvoudig hardnekkig word.

Inderdaad, tydens die hoogtepunt van vernietiging, sal hierdie diensknegte dit uit jubel. "Maar maak almal wat by U skuiling soek, gelukkig. Laat hulle altyd sing van vreugde" (Psalm 5: 12).

Hoekom sal hulle in vreugde jubel? "U seën iemand wat aan U gehoorsaam is en U liefde beskerm hom soos `n skild" (5: 13).

Hier is God se belofte vir almal wat hulle vertroue in Hom plaas:

"Mag die Here u gebed verhoor in moeilike tye! Mag die God van Jakob u beskerm! Mag Hy vir u hulp stuur uit sy heiligdom op Sion..."

"Nou weet ek dat die Here die koning sal laat wen wat Hy uitgekies het. Uit Sy heilige hemel hoor Hy die koning se gebed en deur Sy krag gee Hy die koning groot oorwinning."

"Daar is party wat vertrou op hulle oorlogwaens en ander weer op hulle perde, maar ons vertrou net op die Here onse God. Hulle sal neerslaan en bly lê, maar ons sal opstaan en nie oorwin word nie." Psalm 20:1-3, 7-9).

Sommige mense het hulle vertroue in Amerika se militêre mag geplaas. Maar almal wat hulle vertroue in die Here stel sal ware rus vind.

Ons benodig nie bomskuilings, gasmaskers of wegkruipplekke nie. Ons het 'n God wat ons vrede is. En Hy sal ons hoor wanneer ons roep.