DAARDIE BERG KAN VERSIT WORD

David Wilkerson

“Elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo wat hy sê, sal gebeur — hy sal kry wat hy sê” (Markus 11:23).

Jesus het gesê dit is vir ons moontlik om die berg voor ons te versit, maar dit sal slegs deur geloof plaasvind! Hy gee vir ons die heerlike belofte, dat wat ons ook al begeer, as ons bid en glo, sal ons dit ontvang. Kan jy dit glo?

 

GLO JY WERKLIK?

In my jare van bediening, het ek opgelet dat baie min Christene glo dat so 'n bonatuurlike daad wel kan plaasvind. 'n Mens kan immers sê, “Ek het dit probeer en dit het nie vir my gewerk nie. Ek het met geloof gebid en ek het geglo, maar my gebed is nie verhoor nie.”

Ek onthou van 'n nuwe pastoor wat na my gekom het en sy verslawing aan pornografie bely het. Hierdie jongman het beide God en sy vrou liefgehad en hulle het 'n goeie huwelik geniet. Maar hy het verslaaf geraak aan pornografie en was nie in staat om homself daarvan los te maak nie. Dit het begin om hom te beroof van al sy geestelike krag en hoewel hy ernstig gebid het, was hy nie verlos nie.

 

VOLHEID IN CHRISTUS

Hierdie jongman se probleem was nie net verslawing nie, maar ongeloof. Hy het nie aanvaar dat God gebed verhoor nie, en sy ongeloof  het voor hom gestaan soos 'n groot berg, onbegaanbaar en onbeweeglik. En dit het die volheid van Christus in hom ernstig belemmer.

Die goeie nuus is dat hierdie pastoor tot 'n beter begrip gekom het van hoe om sy geloof te beoefen, hy het sy storm deurstaan en hy het uitgekom by 'n wonderlike plek van oorwinning in die Here.