DAAR IS ‘N BETAALDAG

David Wilkerson

Laat my vir jou vier tragiese gevolge gee van wanneer die Here onttroon word.

“Israel was ‘n weelderige [leë] uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het [vir homself]” (Hoséa 10:1). Almal in Israel het net vir hulleself gesorg en die gevolg was algehele leegheid. Hoséa het hier met gelowiges gepraat, en het vir hulle ‘n voorbeeld gewys van wat met almal gebeur wat die Here uit hulle lewens stoot. Sulke mense word selfsugtig en voel ellendig – en elke ding wat hulle najaag eindig in leegheid!

“Vals is hulle hart . . . Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes” (vers 2). Ons land se hart is verdeeld. Amerikaners dien God met hulle lippe, maar hulle aanbid nie die Here in waarheid nie. En dit het direk gelei tot die ineenstorting van ons heilige instellings. Ons samelewing vertrou God nie meer nie, maar wend hulle tot die regering, die opvoedkundige stelsel, Sosiale Sekuriteit – alles om om een of ander soort stabiliteit te probeer verkry. God sê, “As jy My nie vertrou nie, sal ek al jou vertroude instellings laat misluk. Jy sal niks oorhê om in te glo nie!”

“Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai . . . omdat jy op jou weg vertrou het” (vers 13). Hoséa sê in wese, “Jy het opgehou om op die Here te vertrou en nou gaan jy ‘n oes van ongeregtigheid maai!” Die mensdom is vandag gesofistikeerd, geleerd, maar ons het die Bybel en gebed verwerp. En waar het al ons gesofistikeerde opleiding ons gebring?

“Ons het geen koning nie, want ons het die HERE nie gevrees nie...” (vers 3). Die hart van die koning van Israel was vol afgodery. So, toe Israel weer begin het om afvallig te word, was hy magteloos om hulle verlies aan geloof te keer. Sy woorde het geen gesag gedra nie en die mense het gemurmureer, “Ons het geen leierskap, geen leiding nie. Ons dryf rond!”

Dieselfde ding gebeur in ons kerke vandag. Talle Christene bespot hulle bedienaars en maak hul gesag belaglik. Waarom? Dit is omdat hulle woorde geen krag dra nie! Mense sê, “Ons het nie meer enige leierskap in ons kerk nie. Ons is verlore en verward.” Dit is jammer, maar dit is die betaaldag omdat ons die Here onttroon het!