CHRISTUS SE VERLANGE NA GEMEENSKAP

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Jesus op pad was na Galiléa, het Hy by Jakob se put in Samaria gekom waar Hy gestop en gerus het van die reis. Terwyl sy dissipels gaan kos koop het, het ‘n Samaritaanse vrou na die put gekom om water te kom haal en Jesus het ‘n eenvoudige versoek aan haar gerig: “Gee vir My water om te drink” (Johannes 4:7).

Christus se woorde aan hierdie vrou het ‘n lang gesprek begin waartydens sy verwonderd was oor die dinge wat Hy vir haar vertel het. Uiteindelik het sy gesê, “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!” (Johannes 4:25-26).

Die dissipels het teruggekeer en hulle was verbaas om hulle Meester so diep in gesprek met hierdie Samaritaanse vrou te kry. Hulle het begin om die maaltyd voor te berei en toe die kos gereed was, het die vrou haar terug gehaas dorptoe. Hulle het vir Jesus gesê, “Rabbi, eet” (4:31), maar Jesus het geantwoord met hierdie raaiselagtige stelling, “Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie” (4:32).

Jesus het hulle in wese vertel dat Hy reeds gevoed was met voedsel nie van hierdie wêreld nie en Hy was volkome versadig. Hy verduidelik, “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring” (4:34). Net so, moet ons lewens handel oor God se koninkrykwerk van getuig en siele-wen. Jesus het hierdie werk met die Samaritaanse vrou vervul, omdat die Bybel sê sy het geglo Hy was die Messias. Sy het vir haar vriende gesê, “Kom kyk ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?” (4:29).

Christus se behoefte vir gemeenskap was vervul terwyl Hy met hierdie vrou gepraat het. Jesus het gesê, “Al waarvoor ek gevra het, was ‘n slukkie water, maar sy het vir my ‘n eerlike, soekende hart gebring. Hierdie soort gemeenskap is voedsel vir My.”

Jesus wil daagliks kwaliteit tyd met jou hê, Elke keer wat jy op Hom wag, belowe Hy om met jou te praat, so wag in sy teenwoordigheid totdat jy hoor sy stem openbaar sy hart aan jou.