CHRISTUS KOM!

David Wilkerson (1931-2011)

Die profeet Daniël het ‘n laaste-dae geselskap vooruitgesien wat die wysheid en onderskeiding in die dinge van God besit – ‘n gereinigde, beproefde oorblyfsel wat sy Woord sou verstaan, “Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan” (Daniël 12:10).

Jesaja het die geestelike blindheid van afvallige Israel betreur en gesê, “hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak” (Isaiah 28:7). Die bietjie onderskeiding wat hulle eens gehad het, is vernietig deur hulle begeertes, maar Jesaja het verder gegaan om te profeteer van ‘n dag waarin “die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien . . . sal hulle my Naam heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees; en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem” (Jesaja 29:18, 23-24).

Ek glo die laaste-dae herlewing waaroor so baie preek, ‘n herlewing van reiniging sal wees. As dit die werk van die Heilige Gees is om die wêreld van sonde, geregtigheid en oordeel te oortuig, dan is dit gewis dat die groot uitstorting op die mensdom magtige golwe van oortuiging van sonde sal insluit. ‘n Roekelose, toegeeflike Kerk, sal geskud word en gedwing word om haar sondes te erken.

Terwyl menigte Christene tekens en wonders najaag en leraars van sukses en voorspoed soek, het God ‘n “wildernis volk” geroep wat verteer word met ‘n honger vir meer van Christus. Ontnugter met skynheiligheid, ondersoek hierdie heiliges die Woord van God en ontdek Sy uiteindelike plan. Hulle stel hulleself daarop in om deur die Heilige Gees te hoor en te verstaan dat die einde van alle dinge op hande is.

Christus kom! Lê elke boesemsonde af en rig jou liefde op die dinge daarbo! Moenie deelgenote wees in die drome van mense nie, maar maak gereed om jou Verlosser te ontmoet.