BRING DIE KONING TERUG!

Carter Conlon

En die hele volk onder al die stamme van Israel het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die hand van ons vyande, en hý het ons gered uit die hand van die Filistyne, en nou moes hy die land uit vlug vir Absalom; en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle nou nalatig om die koning terug te bring? Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Ábjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? (Die gesegde van die hele Israel het naamlik die koning in sy huis bereik)” (2 Samuel 19:9-11).

Koning Dawid, self ‘n Christus-tipe, het ‘n boodskap gestuur na diegene met geestelike invloed en gesag: “Waarom is julle die laastes om die koning terug te bring?”

Dit behoort ook almal van ons se hartsgeroep te wees – “Bring die Koning terug!” Geween duur vir ’n nag, maar jy en ek het die hoop dat, net soos met Dawid, ons land sal besef wat ons verloor het en weereens die Koning sal terugbring! Bring terug die Koning wat genees, wat verlos, wat sig gee. Bring terug die Koning wat die tronkdeure oopmaak en ‘n nuwe lofsang in elke hart plaas. Bring terug die Koning na ons strate, ons skole en ons kolleges!

Dit begin natuurlik met ek en jy – in ons persoonlike lewens. Ons moet van ons dakke afklim en ons oë afhaal van dinge waarop dit nie veronderstel is om te wees nie. Waar ons misluk het, waar ons weggedwaal het of ywer vir die koninkryk van God verloor het – bring die Koning terug! Waar ons harte koud geword het vir die verlorenes en armes – bring die Koning terug! En ek verseker jou dat wanneer die Koning huistoe kom, sal daar blydskap, gedans en uitroepe wees van oorwinning soos ons nog nooit tevore geken het nie! Halleluja!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.