BONATUURLIKE TROOS

David Wilkerson (1931-2011)

“Geseënd is die God...die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word” (2 Korinthiërs 1:3-4). Dwarsdeur die wêreld, gaan mense deur lyding en beproewings en die Here het belowe om ons daarin te troos. Let op dat hier niks gesê word oor verlossing van die stryd nie; ons word slegs gesê dat die Heilige Gees ons vertroosting gee om te kan verdra en volhard in ons beproewing.

Hierdie vertroosting, verskaf deur die Gees te midde van ons probleme, is nie bloot ‘n tydelike opheffing van die las nie. Dit is nie ‘n sug van verligting, ‘n uitsluit van bekommerde gedagtes of vrese nie. Liewer, dit is bonatuurlik. Sulke vertroosting is die ekslusiewe bediening van die Helige Gees, bewerkstelling deur geloof wanneer ons vertrou in sy liefde vir ons.

Die Skrif sê vir ons, “U sal diegene in Sion troos. U sal ‘n woord van genesing hê vir diegene wat wanhopig is en vrees” (sien Jesaja 61:2-3). In reaksie op ons geloof, beloof God se Gees om iets binne-in ons te skep wat vertroosting sal bring tydens elke denkbare probleem en angswekkende omstandigheid. Hy sal binne-in ons ‘n woord plaas wat ander kan genees, troos en bemoedig.

Die Gees sê deur Jesaja, “Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk... Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede” (Jesaja 57:18-19). Dit is een van die mees bemoedigende beloftes in God se Woord. Die Here sê Hy sal van ons af verjaag die gees van vrees en in ons sy bonatuurlike gees van vrede gee. Jesaja herhaal die woord “vrede” hier om te beklemtoon dit is ‘n voortdurende vrede. Eenvoudig gestel, die Heilige Gees belowe, “Ek sal vrede in jou skep.”

Soos die naderende wolke vrees in die wêreld veroorsaak, mag jy lewe volgens hierdie woord van Paulus: “En laat die vrede van God...in julle harte heers” (Kolossense 3:15). Amen!