BID VÓÓR DIE KRISIS

David Wilkerson (1931-2011)

Toe Jesus op die aarde gewandel het, het Hy homself toeganklik gemaak vir die gewone mense. Hy het in sinagoges, heuwels en bote onderrig gegee, siekes gesond gemaak, wonderwerke gedoen. Hy het sy stem by die feeste verhef en geroep, “Ek is die lewende water. Kom my My toe en Ek sal jou dorstige siel versadig.” Enigeen kon na Hom gaan en versadig word. Maar ons Here se uitnodiging was meestal geïgnoreer.

Hy het geween oor die volk, “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!” (Matthéüs 23:37). Hy het in wese vir Israel gesê, “Ek is nou hier, vir julle beskikbaar. Ek het vir julle gesê om na My toe te kom vir genesing en om al julle behoeftes vervul te kry, maar julle wou nie kom nie.”

Jesus het gereageer op die mense se verwerping van Hom deur te sê, “Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat” (23:38). Die woord wat Jesus hier vir woes gebruik, beteken eensaamheid, onvrugbaarheid, leeg. Hy sê in wese, “Jou kerklewe, jou huishouding, jou geestelike wandel gaan alles opdroog en sterf.”

Ons hemelse Vader is diep besorg oor al sy kinders se probleme. Wanneer ons ook al moeilike tye beleef, dring Hy ons om tot Hom te nader en te sê, “Kom, stort al jou probleme, behoeftes en klagtes voor My uit en Ek sal jou geroep hoor en verhoor.” Hy smag dat ons na Hom sal dors, net soos die psalmis gesê het: “Soos ‘n hert smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God” (Psalm 42:2-3).

Moenie wat totdat ‘n krisis opduik om God te nader nie. Hy smag dat jy jou hart voor Hom uitstort in liefde en aanbidding op ‘n voortdurende basis.