Bewaar Uself in die Liefde van God

Vyf-en-dertig jaar gelede het God dit op my hart gelê om 'n seunstehuis op Long Island in Amityville, New York, te begin. Ek het waarlik gevoel dat die Here agter hierdie werk was. Tog, na net 'n jaar en 'n half het 'n regeringsamptenaar onmoontlike streng regulasies op die huis ingestel. Hulle het gesê ons moet 'n voltydse psigiater in diens hê, asook 'n priester of 'n rabbi as ons seuns inneem wat Katoliek of Joods is. Ons kon dit nie bekostig om onder hierdie soort regulasies voort te gaan nie, daarom moes ons die deure sluit.

In die kort tydjie wat ons oop was, het ons net vier seuns ingeneem en nadat ons gesluit het, het ek kontak met hulle verloor. Ek het altyd gedink dat daardie onderneming een van die grootste mislukkings van alle tye was. Vir meer as drie dekades het ek gewonder waarom God ons toegelaat het om daarmee voort te gaan. Die afgelope week het ek 'n brief ontvang van 'n man met die naam Clifford. Hy het die volgende storie vertel:

"Broer David, ek was een van die vier seuns wat vyf-en-dertig jaar gelede deur die Nasau County Children's Agentskap na jou Amityville tehuis gestuur was. My vader en moeder was Jode, maar hulle is uitmekaar en my moeder het weer getrou. Sy was so rebels dat sy my in 'n Katolieke skool geplaas het. Ek is in die Katolieke Kerk besprinkel toe ek elf jaar oud was.

"Net na dit het ons huishouding heeltemal verbrokkel. Ek moes die hele huis skoonmaak, kook, my klein boetie en my ma versorg terwyl ek elke môre vroeg koerante moes aflewer. Eenkeer moes ek by my Ma se kamer inbreek, waar ek haar op die vloer aangetref het met skuim om die mond. 'n Klomp leë pillebotteltjies het gesaai gelê rondom haar.

"Ek het dienste in 'n groot Katolieke Katedraal bygewoon, ek het belydenisse en kniebuigings gedoen. Ek het my rosekrans gebede gedoen, maar ek het God net gevrees. Ek was oortuig dat Hy nie vir my omgegee het nie. Nie ek of my ma het geweet dat die maatskaplike werkster gekom het om my in u seunstehuis te plaas nie. Ek was egter desperaat om van my stiefpa se misbruik, die armoede en my ma se selfmoord pogings af weg te kom en daarom het ek ingewillig. So het ek in u tehuis beland.

"Die huisouers was so goed en liefdevol. Hulle het vir ons Bybelstudies geleer en ons kerk toe geneem. Eendag het hulle ons na 'n klein kerkie geneem wat 'n tent herlewing gehou het. Ek was so verbitterd van binne en so mismoedig. Dit was by daardie klein kerkie onder die tent, wat die Heilige Gees my hart begin aanraak het. Een nag kon ek dit nie langer weerstaan nie, al die jare van pyn, verwarring en hopeloosheid het na vore gekom. Ek het gewurg daarin.

"Toe hoor ek die prediker sê: 'Jesus is lief vir jou.' Ek het op my knieë gegaan en gebid, "God, ek is nie heeltemal seker of U 'n werklikheid is nie, of dat U na my luister nie, maar, as U na my luister, vergewe my asseblief en help my. Ek het Iemand nodig om my lief te hê want ek voel so verbitterd, verstoot en vol ontsteltenis.

Meteens het ek gevoel asof iemand warm stroop op my kop uitgooi en dit oor my hele liggaam afloop. Die bitterheid het alles verdwyn, gesmelt en God het van daardie dag af my hele hart in besit geneem.

"Broer David, dit was 35 jaar gelede, nou het God my geroep om te preek en Hy het my nou in 'n voltydse bediening geplaas. Ek het u gevind toe ek op die Internet rondgesoek het. Hierdie dankie-sê broei nou al vir 35 jaar in my hart. Ek wil jou net bedank dat u omgegee het. Ek weet nou wat die liefde van God is!"

Hierdie man se brief bewys net aan my dat niks wat ons vir God doen, tevergeefs is nie. Daardie seunstehuis was nie 'n mislukking nie, want een verlore, verwarde Joodse seun het die betekenis van God se liefde gevind. Hy het net geweet van die vrees vir God totdat hy na die toevlugsoord gekom het.

Hoe jammer is dit dat miljoene mense soos Clifford opgroei sonder enige kennis van God se liefde. Hulle het nooit liefdevolle ouers gehad nie, dus weet hulle nie hoe om op God se liefde te reageer nie. Hulle beleef 'n leeftyd van angs, verwarring en verwerping.

Nogtans is dit net so tragies, dat skares van gelowiges, wat wel die liefde van God gesmaak het, nooit geleer het hoe om in te gaan in die volheid van sy liefde nie. Hulle ken die leerstelling van God se liefde, hulle het die verkondiging daarvan gehoor, maar hulle weet nog nie hoe om in sy liefde te bly nie.

Die Heilige Gees het my onlangs bewus gemaak van sy liefde. Hy het my gelei na die gedeelte in Judas: "Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid, en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag" (Judas 20-21). Terwyl ek dit gelees het, het die Gees saggies gefluister:

"David, jy het nog nooit binne die volheid en vreugde van my liefde gekom nie. Jy het nog nooit die ekstase van die gerustheid om jouself in my liefde te bewaar, ondervind nie. Tot nou toe was jy nog net tot by jou enkels in my liefde, maar daar is 'n hele oseaan waarin jy kan swem van my liefde vir jou.

Die Bybel is vol van waarhede oor God se liefde. Somtyds veroorloof ek my om te wonder hoe God my kan liefhê? Dit is nie dat ek aan sy liefde twyfel nie, dit is meer 'n mislukking van my kant af om myself in die kennis en versekering van sy liefde vir my te bewaar.

Dit is die rede waarom ek hierdie boodskap skryf. Ek wil hê almal moet weet hoe om bewaar te bly in God se liefde.

Die openbaring van God se liefde kom tot stand wanneer ons weergebore word. As u vir die meeste Christene sou vra wat hulle weet van God se liefde vir hulle, sou hulle sê. "Ek weet God is lief vir my, omdat Hy sy Seun gestuur het om vir my sonde te betaal. Hulle sal Joh 3:16 aanhaal: 'Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.'" Dit is 'n wonderlike oomblik wanneer jy hierdie waarheid aangryp. Skielik besef jy, "God het my liefgehad toe ek 'n verlore sondaar en vreemdeling was."

Hy het sy liefde vir my bewys deur Sy eie Seun vir my op te offer. Min Christene weet egter hoe om in God se liefde bewaar te bly. Ons weet iets van ons liefde teenoor God, maar ons soek selde die openbaring van God se liefde vir ons. Inteendeel as u vir baie Christene sou vra om 'n bybelversie te soek van God se liefde vir ons, sou hulle net 'n paar kon uitwys.

Tog, om die liefde van God te verstaan, is die geheim van 'n oorvloedige lewe. Menigte groei geestelik koud en lui omdat hulle oningelig is oor die Vader se liefde vir hulle. Hulle weet nie dat hulle grootste wapen teen Satan se aanvalle is om ten volle bewus te wees van God se liefde vir hulle deur die openbaring van die Heilige Gees.

Ek wil drie dinge met u deel omtrent God se liefde vir sy mense soos sy Gees dit aan my geopenbaar het:

In sy laaste gebed op aarde, het Jesus gesê, "Vader . omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld" (Joh 17:24). Wat 'n wonderlike gedagte: Christus se Vader het Hom liefgehad al van voor die skepping af. Voordat enigiets in die heelal geplaas was, voor enige planeet gevorm was, voor die son, maan of sterre verskyn het. Voor die aarde gemaak is. Voor die skepping van die mense. Toe al was Vader lief vir Jesus.

Toe het Jesus hierdie merkwaardige gebed gebid: ". U, Vader . het hulle liefgehad, soos U My liefgehad het" (vers 21-23). Hy het ook gebid, ". sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle" (vers 26). Christus het gesê, "Vader, Ek weet U gaan diegene wat Ek in die liggaam inbring, net so lief hê soos U My lief het."

In ooreenstemming met Jesus is Christus en Sy kerk een in God se oë. Paulus illustreer dit met die gelykvormigheid van 'n menslike liggaam. Hy sê, Christus is die hoof en ons is Sy liggaam, been van Sy been en vlees van Sy vlees: "(God) het alle dinge onse sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul" (Efesiërs 1:22-23). "Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene" (Efesiërs 5:30).

Die implikasies hier is dat toe die Vader Jesus liefgehad het voor die ewigheid, het Hy ons ook liefgehad! Toe die mens nog net 'n gedagte in God se verstand was, het Hy alreeds al ons dele genommer en ons verlossing beplan. "Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees" (Efesiërs 1:4).

Ek glo in die oneindige voorkennis van God. Ek neem aan dat die Vader al van Ewigheid af geweet het wie sou reageer op Sy oproep om na die ewebeeld van Christus gemaak te word. In die Psalms, skryf Dawid dat God hom liefgehad het toe hy nog in die moederskoot was.

"Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God" (Psalm 22:10-11).

"U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae wat almal bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie" (139:16). In wese sê Dawid, "Nog Voordat ek gevorm was, het U my geken, O God. U het my dele al lank van tevore beplan."

God het nog altyd Sy Seun en ons liefgehad, want Sy liefde is net so ewigdurend soos Hy. ". Ek het jou lief-gehad met 'n ewige liefde ." (Jeremia 31:3). ". onse God en Vader, wat ons liefgehad het en 'n ewige troos gegee het." (2 Thessalonicense 2:16).

Jesus het nie Sy Vader se liefde verdien deur na die kruis te gaan, of deur Sy gehoorsaamheid of deur Sy Vader lief te hê nie. Niemand kan God se liefde wen, deur enige goddelike ding wat hy of sy doen nie. Netso het God nie begin om u lief te hê die dag toe u berou gehad het en Christus as u God aangeneem het nie. Hy het u nie skielik begin liefkry toe u Hom begin gehoorsaam het en in die Gees begin wandel het nie. U was al vanaf die ewigheid deur God lief gehad.

Hoe lank het God ual lief? Vanaf God se bestaan, want God is liefde. Dit is Sy hele natuur. Het u as 'n sondaar liefgehad. In die moederskoot, voordat die wêreld ontstaan het. Daar was geen begin van Sy liefde vir u nie, en nog steeds geen einde nie.

Wanneer sal God ophou om u lief te hê? Wanneer Hy sal ophou om sy Seun lief te hê -- dit is onmoontlik! Christus sê: ". die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe" (Joh 13:1).

Nou kan ons beter verstaan wat Judas bedoel het toe hy gesê het, "Bewaar julleself in God se liefde." Hy sê vir ons, "Bewaar sy waarheid, hou dit vas, en moenie dit ooit verloor nie. Kennis van God se liefde is vir jou vertroosting bedoel, jou sterkte. Dit sal jou vrymaak en jou so hou". Die apostel Johannes voeg daarby: "Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het" (1 Joh 4:10,19).

Enigeen kan sy blydskap behou wanneer hy vreugde ervaar in die Heilige Gees, en nie versoek en tempteer word nie, maar God wil hê ons moet in Sy liefde bly - ten alle tye, veral tydens versoekings.

Die apostel Johannes vertel ons baie eenvoudig hoe ons onself in God se liefde kan bewaar: "En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom" (1 Joh 4:16). Kortliks, as ons in God se liefde wandel, bewaar ons onsself in God.

Die woord "bly" beteken hier om in 'n staat van afwagting te wees. Met ander woorde, God wil hê ons moet verwag dat sy liefde vir ons hernu sal word elke dag. Ons moet elke dag leef in die wete dat God ons nog altyd liefgehad het en ons ook vir altyd nog sal liefhê.

In werklikheid beweeg die meeste van ons in en uit God se liefde na gelang van ons emosionele op-en-af buie. Ons voel alleen veilig in Sy liefde as ons goed gedoen het. Ons is egter onseker van Sy liefde wanneer ons versoek en beproef word of wanneer ons Hom teleurgestel het. Dit is veral in hierdie tye wanneer ons sy liefde moet vertrou. Hy sê aan ons in hierdie paragraaf, "Dit maak nie saak watter beproewing jy ondervind nie, moet nooit twyfel aan My liefde nie. As jy aktief glo en vertrou in My liefde, leef jy die lewe wat ek wil hê jy moet lewe."

Verduur u 'n groot versoeking? Word u oorweldig deur 'n ou wellus wat u haat? Is u huwelik in onrus, u familie in chaos? Hierdie is die tye waarin u uself in God se liefde moet bewaar. Weet dat deur dit alles die ewige Vader u nog altyd liefhet.

U mag wonder, ?Bedoel jy, dat deur my lief te hê, God al my mislukkings oorsien? Draai Hy 'n blinde oog op my sonde?" Natuurlik nie, Hy sal u slaan met sy roede - maar Hy help sy kinders altyd reg in groot liefde. "Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet . (Hebreërs 12:6).

Jeremia 31 bied ons 'n wonderlike illustrasie van God se liefde. Israel was in 'n staat van afvalligheid. Die mense het vet en voorspoedig geword, en was gewikkel in allerhande soorte van boosheid. Hulle het leeglêers geword en het owerspel en egbreuk gepleeg. Hulle het alles vergeet van die liefdevolle genade wat God aan hulle bewys het.

Toe skielik, het hulle welluste begin suur word. Hulle het skielik al hulle plesier in sensuele dinge verloor. Gou het hulle uitgeroep, "Here, ons is verlore. U moet ons asseblief help om reg te kom." God het hulle hulpgeroep gehoor en sy liefdevolle hart het uitgegaan na hulle toe. Hy het hulle met sy lat van teregwysing gekasty en Israel het uitgeroep, ". U het my getugtig . bekeer my dan, dan sal ek my bekeer . Want nadat ek tot inkeer gekom het, het ek berou gehad" (Jeremia 31:18-19).

Luister na God se woord op hierdie punt: ". as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, . (vers 20). ". daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid." (vers 3).

Dit is wat u omtrent God se liefde moet leer: "Ek moes hulle tugtig en harde woorde spreek, woorde van waarheid. Selfs toe het julle teen My gesondig, my genade het julle moedswillig ignoreer. Julle het weggedraai van my liefde, my verwerp. Nogtans was my gevoel van medelye met julle baie diep. Ek het onthou van julle worsteling en sal sekerlik genade vir julle hê. Ek sal julle vrylik vergewe en herstel."

In Hosea 3 vergelyk God die agteruitgang van Israel met 'n owerspelige vrou. Hy sê vir Hosea, ". Gaan nog 'n keer, bemin 'n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die Here die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend ." (Hosea 3:1).

God het Hosea beveel om Israel 'n illustrasie te gee van Sy liefde vir hulle, al het hulle hom bedrieg. Hy het gesê: "Julle het blatant teen my gesondig, soos 'n prostituut op straat, maar julle is steeds met my getroud en Ek het julle lief. Ek is daar vir julle, nou moet julle daar wees vir my."

Ons sien hierdie soort onvoorwaardelike herstellende liefde in 'n brief wat 'n liewe suster onlangs vir ons gestuur het. Sy skryf: 'n Jaar gelede toe ek betrokke was in 'n owerspelige verhouding het ek vir julle 'n "anonieme" brief gestuur en gevra dat julle vir my moet bid. Ek was gefolter deur die bedrog in my lewe. Ek is weergebore en die Heilige Gees was besig met my. "Ek is nou versoen met my eggenoot en met my wonderlike Here. Ons het werklik genesing nodig gehad in baie areas van ons lewe na drie-en-veertig jaar saam. U boodskappe het my so oortuig en aangemoedig om aan te hou met glo in God se liefde. Ek het nou eers reg besef hoe lief God my regtig het!!"

God se liefde het 'n kragtige uitwerking op hierdie vrou gehad, maar onkunde oor God se liefde kan net die teenoorgestelde effek hê. Let op die brief wat 'n ander vrou geskryf het:

Ek het dikwels gevoel dat God daarop uit was om my te straf vir enigiets wat ek doen. Daarom was ek hard en ongevoelig teenoor ander mense en wou ek hulle onder die sweep laat deurloop sodat hulle kan regkom. Nou wil ek egter net na sy genade troon hardloop om sy liefde aan ander te bewys. Ek is moeg daarvan om so veroordelend te wees." Dank God, hierdie vrou verlang om in Sy liefde te bly!

Volgens Johannes, is al God se liefde net in Jesus aanwesig. Hy skryf: ". uit sy volheid het ons almal ontvang ." (Joh 1:16). Hoe het ons die Vader se liefde ontvang? Deur in Christus te wees.

Maar u mag vra, waarom is dit so belangrik om te weet dat God se liefde net deur Christus aan ons meegedeel word? Hoe raak dit ons alledaagse lewens?

Hierdie kennis is meer as net 'n Bybelse begrip. Inteendeel om te weet dat God se liefde aan ons meegedeel word deur Jesus, het alles te doen met hoe ons onsself in Sy liefde bewaar. U sien, dit is nie genoeg vir my om te weet dat God my altyd sal liefhê en nooit sal ophou om my lief te hê deur al my worstelinge nie. Hy wil ook hê dat sy liefde 'n sekere effek op my sal hê.

Hoe beïnvloed God se liefde ons lewens? Ons kan nie na mense as voorbeeld kyk nie. Baie Christene reageer op die openbaring van God se liefde deur dit te sien as 'n lisensie om te sondig. Hulle oortuig hulleself: ?God het my onvoorwaardelik lief. Hy moet aanhou om my lief te hê ten spyte van my drinkery, owerspel en plesier-soekery. Sy Genade is groter as my sonde." Sulke mense doen God se liefde 'n oneer aan.

Ons moet na Christus kyk as 'n voorbeeld. Jesus het alreeds gesê dat die Vader ons net so liefhet soos sy Seun. So, watter invloed het die Vader se liefde op Jesus gehad?

Johannes skryf, "Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het ." (1 Joh 3:16). Dit was die vrugte van God se liefde vir Jesus: Hy het homself as 'n offer vir ander gegee.

Die tweede helfte van hierdie versie vertel ons oor die doel van God se liefde in ons eie lewens. Dit lees, "... en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê" (vers 16). God se liefde lei ons ook om ons liggame as lewende offers aan te bied.

Het u al ooit gedink wat dit beteken om jou lewe vir jou broers en susters af te lê? Paulus praat nie van martelare op vreemde bodem nie. Hy verwys nie na 'n orgaan-skenker nie. Hy bedoel ook nie dat ons die plek moet inneem van een of ander veroordeelde wat op die doodvonnis wag nie! Christus alleen het daardie opoffering gemaak.

Nee, die enigste soort Christen wat lewe en hoop aan sy broers kan gee is 'n dooie een. So 'n dienaar het gesterf vir die wêreld, vir alle selfsug, trots en ambisie. Hy het homself oorgegee aan die heilige wil van God.

Die "dooie" Christen het die Heilige Gees toegelaat om 'n geestelike opname van sy siel te maak. Hy sien die korrupsie en ongoddelike toestand in sy hart. Hy gaan gewilliglik na God se altaar en roep uit, "Here, gebruik my, neem alles!" Hy weet, dat alleen deur gewas te wees in Christus se bloed kan hy sy lewe vir sy broers gee.

Dit is die enkel, belangrikste waarheid wat my in staat stel om aan te gaan met my geestelike oorlogvoering. As ek oortuig is dat God getrou is om my te vergewe en te herstel, sal ek die krag hê om alle versoeking te weerstaan. Ek sal weet Hy is altyd by my, al gebeur wat ookal - Hy sal my deur dit alles liefhê. Al faal ek soms, sal ek weet Hy wag vir my aan die einde van my stryd en ek sal liefde van Hom ontvang.

Ek wil vir u 'n kragtige brief lees wat ons van 'n bekeerde heks ontvang het. Haar storie is 'n goeie illustrasie van iemand wat in God se liefde bewaar is:

"Liewe Pastoor Dave, ek het na Jesus gekom, ses-en-twintig jaar gelede, na tien jaar van heksery. Ek het kaarte gelees en sèances in my huis gehou. Ek het goed gedoen, ryk geword, 'n sportsmotor bestuur.

"Toe ek my lewe vir Christus gegee het, het Satan ses weke later in my slaapkamer verskyn. Hy het vir my gesê, ek kan die heks van die suide word as ek Jesus verwerp. Hy het my verlam van my nek af en my vasgepen op die bed. Ek het nie Jesus in die kamer gesien nie, maar ek het geweet Hy kom. Hy het in die kamer ingekom en gesê: "Satan, jy kan haar nie kry nie, sy is myne!" Satan het die kamer verlaat soos 'n hond wat 'n skrobering gekry het en 'n aaklige reuk agtergelaat.

Nou, nadat ek Jesus vir twintig jaar lank dien, sien ek so baie heksery in die kerk. Enige tyd wanneer iemand na jou toe kom met 'n profesie of 'n woord en vir jou iets sê van jou verlede wat reeds onder Jesus se bloed is en vergewe is, is dit 'n waarsêende gees. Die Heilige Gees sal nie iets van jou verlede sê wat onder die bloed is nie. As Hy jou sonde vergewe het en dit vergeet het, sal net die duiwel dit onthou.

?Ek sien ook so baie openbarings in die kerk wat toegeskryf word aan die Heilige Gees, maar mense kry al die aandag. Die Heilige Gees kom vir een doel, een rede, en dit is om alle oë op Jesus te vestig. Wanneer 'n openbaring rondom persone gesentreer word, is dit nie van God nie, daarvan kan u seker wees."

Hierdie liewe vrou is 'n kragtige lewende offer. Sy het nog baie beproewings wat haar in die gesig staar. Sy is gekluister aan 'n rolstoel en leef met ondraaglike fisiese pyn. Baie Christene sê vir haar sy is nog steeds onder die duiwel se invloed, daarom word sy nie genees nie.

Maar sy is vol vertroue en glo in God se liefde vir haar. Sy weet dat sy vergewe is vir haar aandeel in towery en heksery en dat sy verlos is daarvan. Niks weerhou haar om die waarheid in liefde oor te dra aan haar broers en susters nie. Sy sluit haar brief af deur te sê, "Ek gee God al die eer en heerlikheid vir sy liefde wat Hy aan my bewys het." Bewaar uself in God se groot liefde vir u, soos hierdie vrou gedoen het. Dit sal u krag en sterkte wees deur alles heen.

*Aan God al die eer, vertaal deur Susie en Teresa Jonck.

*In hierdie preek is die Ou Afrikaanse Vertaling gebruik.

Bybelstudievrae:

  1. Het u al ooit 'n opdrag wat God aan u gegee het uitgevoer, net om te sien hoe dit misluk?
  2. In u eie woorde, vertel van u ondervinding en die uiteinde.
  3. Wat beteken Judas 20-21 vir u?
  4. Wat is die geheim daarvan om 'n oorwinnende lewe te ly?
  5. Wat is u grootste wapen teen Satan se aanvalle?
  6. Lees Johannes 17:21-23. Het God ons enigsins minder lief as vir Jesus? Halleluja! Wat 'n ontdekking?
  7. Lees Efesiërs 1:4. Het God u slegs leer ken u die oomblik toe u weergebore is?
  8. Hoe kan u uself bewaar in die liefde van God? Omdat God u liefhet, beteken dit dat Hy nie u sonde raaksien nie? Wat is die gevolge van u sonde? Hebreërs 12:6.
  9. Het u al ooit gevoel dat God daarop uit is om u te straf?
  10. Hoe sou God se liefde vir u, u lewe affekteer?
  11. Wat beteken dit vir u om u lewe vir u broers en susters af te lê?