BETOON ONVOORWAARDELIKE LIEFDE

David Wilkerson

Tans is talle Christene paniekerig. Mense wat hulle hele lewe lank daarvan getuig dat God hulle Bewaarder is, skarrel nou in vrees rond soos die stormwolke nader kom. Petrus het iets baie eenvoudig om vir hulle te sê, “Bring al julle natuurlike gevoelens onder beheer van die geloof.”

Volgende sê Petrus vir ons om alles in gebed na God te bring: “Om te kan bid” (1 Petrus 4:7). Net deur die Here te soek, sal ons in staat weet om ons angs oor die tye te kan beheer. Volgens Petrus, hoe donkerder dinge word, hoe meer moet ons in die vrede en rus van die Heilige Gees wandel.

VERMY PANIEK

Tans is die sekulêre wêreld desperaat om kalmte in die chaos te vind. Volgens die Wall Street Journal, beroep korporatiewe leiers en ander mense in spanningsvolle beroepe hulle op joga, mantras en Chinese dreun-sing. Maar, as Christene, het ons ‘n God wat belowe het om ons in volmaakte vrede te hou, as ons bo alles wat op die aarde aan die gang is, ons gedagtes op Christus rig.

Petrus sê vir ons dat ons bo alles oor een ding begaan moet wees in hierdie tye. Kom ons kyk wat die laaste vermaning van hierdie sterwende apostel is:

“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek” (1 Petrus 4:8).

REIK UIT MET BARMHARTIGHEID

Petrus se opsomming is as volg, “As jy wil weet waaroor oorlewing gaan – hoe God sy mense deur hierdie tye lei – bewys dan onvoorwaardelike liefde aan jou broers en susters. Dit het alles te doen met die toekoms van die kerk.”

Petrus sê dit is ons belangrikste saak. In die lig van die groot barmhartigheid wat God aan elkeen van ons bewys het – in die lig van Sy onvoorwaardelike vergifnis teenoor ons vorige sondes en sy deernisvolle lankmoedigheid teenoor ons – moet ons uitreik met barmhartigheid na diegene wat teenoor ons gesondig het. En ons moet hulle vergewe asof hulle nooit daardie sondes gepleeg het nie.